Teken in en wen!

Deur LBW
16 November 2011

Dit is nou meer as ooit die moeite werd om in te teken op Landbouweekblad. Jy kan in die proses heerlike pryse wen!

Dit is nou meer as ooit die moeite werd om in te teken op Landbouweekblad, Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif.

As ’n markleier op sy gebied, bied Landbouweekblad weekliks vars nuus van die plaaslike en internasionale landbousektore. Landbouweekblad is een van die invloedrykste landboutydskrifte in Suid-Afrika en is veral daarop gemik om die winsgewendheid van die landbousektor te help ontwikkel deur die verskaffing van nuttige, praktiese en wetenskaplike inligting aan plaaslike boere.

Artikels oor die sake-omgewing waarbinne boerderybesluite geneem word, is van onskatbare waarde. Landbouweekblad streef daarna om ’n sterk interaksie met lesers te op te bou en in stand te hou; ’n ware gemeenskap onder boere.

Intekenaars het ook nou ekstra motivering om in te teken met die nuutste kompetisie deur Landbouweekblad. Teken in op Landbouweekblad tussen November en Januarie en staan ’n kans om elke maand een van 6 Northmec-baadjies te wen! Jy sal ook in aanmerking kom vir die gelukkige trekking om ’n Gomoto 150cc vierwieler te wen!

Jy kan nou van die uitstekende aanbod gebruik maak om vir ses maande in te teken teen R310 (insluitend BTW en posgeld). Dit is 20% afslag! Jy kan ook vir 12 maande inteken teen R542,50 (insluitend BTW en posgeld) wat neerkom op ’n allemintige 30% afslag!

Om in te teken, skakel 0860 103 577; e-pos: land@media24.com; faks: 021 405 1049; SMS: ‘‘Land’’ na 32113. Jy kan ook elektronies inteken vir 12 maande deur hier te klik of vir ses maande deur hier te klik.

Terme en voorwaardes:
Die aanbod is geldig tot 31 Januarie 2012. Die wenners sal getrek word uit die name van mense wat in hierdie tydperk ingeteken het. Wenners sal gekontak en in Maart 2012 aangekondig word. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie. Pryse moet opgeëis word binne ses maande nadat die wenners bekend gemaak is. Intekengeld sluit BTW en aflewering in. Hierdie kompetisie is oop vir alle nuwe intekenare, behalwe werknemers van Media24 Tydskrifte se sirkulasie-afdeling. Net inwoners van die Republiek van Suid-Afrika. Internasionale intekenaars kan +2721 405 1905 skakel. Alle wenners sal einde Februarie 2012 getrek word. SMS kos R1,00.

16 November 2011


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.