Deur ALANI JANEKE
27 Julie 2012

1024 keer gelees | 2 kommentaar

Dit is nou ’n goeie tyd om katoenverbouing aan te moedig met katoenpryse wat oor die volgende paar jaar kan herstel.


“Buiten die swak prys is daar soveel goed wat in ag geneem kan word wat tot voordeel strek in die verbouing van katoen.

"Ek dink dit is nou die tyd om die gewas te bemark,” aldus mnr. Alfons Visser, ’n boer van die Noord-Kaap en Landbouskrywers SA se Nasionale Boer van die Jaar 2008. Visser meen die bedryf moet hom begin voorberei vir ’n opbloei wanneer die wêreldpryssiklus herstel.
 
Suid-Afrika se katoenaanplantings het 12 jaar gelede op tussen 60 000 ha en 80 000 ha gestaan. Mnr. Gert Heyns, bemarkingsbestuurder by Monsanto Suid-Afrika, sê die kommersiële verbouing van katoen staan tans op sowat 10 000 ha, waarvan sowat 3 000 ha droëland is, terwyl 7 000 ha onder besproeiing is. Dié inligting is op ’n besoek aan die maatskappy se Deltapine-aanleg op Groblersdal aan die media en boere oorgedra. Die aanleg produseer katoensaad.
 
Uitdagings
Die lae internasionale wêreldprys vir katoen en die produksie-uitdagings vir die gewas is van die grootste struikelblokke wat die bedryf in die gesig staar.
 
Heyns sê ná die bedryf vroeër ’n reuse-insinking beleef het, het baie boere en ander belanghebbendes, soos pluismeule en veselverwerkers, hul beleggings in die bedryf begin verminder. Dít word as ’n ander uitdaging beskryf, want as die prys weer drasties styg sal dié situasie daartoe lei dat die bedryf nie ’n hoë prys tot sy voordeel kan gebruik nie.
 
Mnr. Marcus Botha, bestuurder van gehaltebeheer en produksie by Deltapine, het die insinking ook skade vir finansieringsinstansies veroorsaak, wat nou ook uitdagings vir boere veroorsaak.
 
Klimaatsverandering
Hoewel die gewas gevoelig is vir klimaatstoestande, meen die maatskappy en boere klimaatsverandering en gevolglike hoër temperature kan katoenverbouing bevorder. Heyns sê katoen is droogtebestand en dit kan hitte hanteer, “dit sal dus goed vaar indien dit warmer word.”
 
Verder word dit ook beskryf as ’n “uitstekende wisselbougewas.” Die verbouing en verwerking daarvan hou ook maatskaplik-ekonomiese voordele in, want die pluk, pluis en verwerking van katoen is baie arbeidsintensief.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Hettie du Plessis

2012/08/13 02:19:58 PM

Ek dink al 'n geruime tydjie daaraan om katoen aan te plant. Ek weet egter nie waar om dit in die hande te kry om te begin nie. Kan iemand dalk help?


Cynthia

2013/04/06 11:32:31 AM

Hi hettie..kan jy dalk vir my se of jy al die plantjie opgespoor het? Ek is ook op soek na n plant of saadjie?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights