Avo’s kry merk vir mark

 
Avo's. Foto: LBW
Avo's. Foto: LBW

Avokadoprodusente wat vroeë Fuerte-vrugte in Februarie en Maart aan die varsproduktemarkte lewer, word aangemoedig om aan die Suid-Afrikaanse Avokadokwekersvereniging (SAAKV) se “Maturity Tested” veldtog deel te neem.

Onvolwasse vrugte wat vroeg in die seisoen op die Nasionale Varsproduktemarkte aangebied word, skep jare reeds ’n probleem in dié sin dat verbruikers ontevrede is met die gehalte van hul aankope en gevolglik ’n weersin in die produk ontwikkel. Sulke vrugte word nie behoorlik ryp nie en het dus ’n negatiewe uitwerking op die verbruiker se vertroue in avokado’s.

Mnr. Derek Donkin, hoofbestuurder van Subtrop in Tzaneen in Limpopo, sê om dié probleem aan te spreek, het die SAAKV ’n “Maturity Tested”-veldtog van stapel gestuur wat kopers op die varsproduktemarkte in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad die versekering sal gee dat die avokado’s wat hulle koop, wel behoorlike en smaaklik sal ryp word.

Slegs vroeë seisoen Fuerte-vrugte met ’n voginhoud van 80% of minder mag onder die “Muturity Tested”-etiket verkoop word. Subtrop se tegniese personeel sal monsters in die boorde neem en die vogtoetse sal deur die PPECB gedoen word.

Avokadokwekers wat belangstel om deel te neem aan die voldtog, kan Subtrop skakel by 015 307 3676.

Lees ook:

SA avo’s skitter in Europa

Sokker goed vir avo’s

21 Januarie 2010
 

5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.