Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Blommetjies-n-blik-gedruk

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Blommetjies in 'n blik gedruk

 
Deur LUCILLE BOTHA

"Ja, ek is seker die enigste ou op die planet wat dít doen," sê mnr. Danie van Tubbergh toe ons 'n afspraak
oor die foon maak.

Die unieke onderneming wat Van Tubbergh op sy plaas Riverside, by Aan De
Doorns (naby Worcester), bedryf, voorsien die hele Suid-Afrika regdeur die jaar van
die Bolandse lekkerny waterblommetjies ( Aponogeton distachyos ) - in 'n blik.

En só kan die Engelse, Kanadese, Nieu-Seelanders en Aussies ook met ons eg
Suid-Afrikaanse waterblommetjies bederf word. 'n Engelse hotel - die eienaar het
Suid-Afrikaanse bande - sit ook graag waterblommetjiebredie voor. 'n Internasionale
tydskrifresensie het (erg beïndruk) gesê dit moet die enigste plek ter wêreld wees wat
"a stew of water lilies" bedien.

Van Tubbergh bemark al twintig jaar lank sy ingemaakte waterblommetjies onder
sy eie Riverside-etiket. Bekende verskaffers het ook met sy vlei-groente in hul
produkreeks gespog.

Sy kommersi&eumlle boerdery met waterblommetjies
is reeds in 1983 staangemaak
en danksy noukeurige rekordhouding kon
Van Tubbergh sekere neigings in verbruikerspatrone
en aanbod raaksien.

"Met kommersi&eumlle verbouing is die
beskikbaarheid van waterblommetjies vervroeg.
Dit is nie net meer in September beskikbaar
nie."

Hoewel daar steeds 'n produksiehoogtepunt in September bestaan, is daar ook 'n
mini-hoogtepunt in Mei. Volgens Van Tubbergh
is dit belangrik dat 'n boer afsetgebiede
vir albei hierdie hoogtepunte het. Die
mark vir vars waterblommetjies is beperk.
Hy het oorsesemarktemet die vars produkte
probeer oorrompel, maar die groei
was stadig. Dit was tyd om ander planne
te maak.

Een opsie was om die houvermo&euml met
bestraling te verbeter. Die nodige proewe
daarvoor is gedoen.

'n Ander plan, wat hy ook saam met die
Universiteit Stellenbosch se departement
voedselwetenskappe aangepak het, was
om die blomme te dehidreer. Dit moes die
produk ligter maak vir uitvoer en ook die
houvermo&euml verbeter.

"Die produk was pragtig,maar het geen
smaak gehad nie," vertel Van Tubbergh.
Die moontlikheid van bevriesing is ook
oorweeg, maar geen idee was so suksesvol
soos die geblikte waterblommetjies nie.
"Ons gaan spesifiek vir die blik, want ek
is nie skaam om te sê die produk is nie mooi
genoeg vir 'n deursigtige glasbottel nie."

Die geblikte waterblommetjies was die
gepaste antwoord om die verhoogde voorraad
in September weg te werk.

Van Tubbergh het hom op die inmaakmark
begin toespits toe twee seisoene agtereenvolgens
van sy data afgewyk het. Redes
daarvoor het hy nie,maar hy het wel 'n
sterk vermoede dat inheemse plante (soos
waterblommetjies) en diere goeie aanduiders
van aardverwarming kan wees.

Waar die produksie gewoonlik 'n minihoogtepunt
in middel Mei bereik en 'n daling
aan die einde van Augustus toon voor
dit weer in September optel, het dit in 2004
en 2005 nie die September-styging gewys
nie. Daar was dus hopeloos te min blomme
vir inmaak beskikbaar.

Dié insinking het Van Tubbergh oortuig
om die varsproduktemark, wat soms onvoorspelbaar
kan wees, vaarwel toe te roep
en hom net op die veiliger inmaakbedryf
te beroep, ten minste om die tekorte aan te
vul.

Die produkontwikkeling het ook gelei
tot ander, interessante gebruike vir waterblommetjies.
Hy het vorendag gekom met
onder meer 'n waterblommetjie-ratatouille,
-puree en -blatjang.

Die A-graad-blomme word meesal in
die blikkies gesit, wat beteken daar is 'n
groot hoeveelheid uitskotblommetjies. Om
waarde tot die verwerking toe te voeg, het
Van Tubbergh op 'n kol ook blikkies waterblommetjie-
roomsop verkoop.

Hy hou sy kaarte styf teen die bors wanneer
hy gepols word oor markinligting,
maar verklap darem dat sowat 60% van sy
produk in Gauteng verkoop word. Plaaslik
is dit meesal in supermarkte
beskikbaar, terwyl dit ook
spog op die rakke van Britse
winkels wat in Suid-Afrikaanse
produkte spesialiseer.

"Ek wil nie die idee skep
dat hier 'n meeloopgeleentheid
is nie. Aangesien ek al so lank by waterblommetjies betrokke is,
weet ek wat die gevare is."

Is hy bang sy mark word oorgeneem?

"Ek dink nie oorproduksie is te vrees
nie. Dit sal net 'n probleem wees as daar
skielik werklike grootmaatproduksie is.

"Produsente moenie die hoogtepunt in
aanvraag as die grondslag van 'n beplanningsmodel
gebruik nie. In Julie enAugustus
daal die produksie weens die koue.

"As die produsent nie voorsiening maak
vir September se hoogtepunt in produksie
nie, moet hy nie aangaan bloot omdat daar
'n goeie vraag in Mei en Junie is nie. Wat
gaan hy dan doen met September se voorraad?"
vra Van Tubbergh.

"Waterblommetjies is steeds meer bekend
as 'n bestanddeel in bredies. Verbruikers
moet opgevoed word oor waarvoor
die blomme nóg gebruik kan word."

'n Waterblommetjie-souttert, hoender en-
waterblommetjie-gebak en sop is net
'n paar van sy kreatiewe voorstelle.

Hy moes vanjaar vir die eerste keer in
"etlike jare" voorraad inkoop om in die
vraag te voorsien, maar sê die "vraag
groei teleurstellend stadig in die oorsese
aflaaiplekke. Dinge daar is nog nie lekker
nie, maar as die oorsese markte wakker
word..."

Hy skryf dit toe aan die aankopers en
verbruikers se eetpatrone. Aankopers sukkel
om te verstaan as 'n produk, soos waterblommetjies,
wat sy eie produksieneigings
toon, nie altyd saamval met die eetpatrone
van verbruikers nie.

" 'n Aankoper moet begrip vir die produk
hê, anders verstaan hulle nie as daar
nie kontinuïteit is nie."

Waterblommetjies wat wild geoes word
in 'n .uktuerende waterstelsel, soos 'n riviermond,
kan maklik deur kolloïedes en
troebelwater besoedel word. Hierdie blomme
is dikwels sanderig. Dit kan nie in die
gaarmaakproses verwyder word nie.

Kommersi&eumlle verbouing stel die produsent
in staat om na die higi&eumlne van die
blomme om te sien.

"Dit is baie belangrik. My blomme kom
van die dam af en gaan dan na 'n wasmasjien
voor die lêproses begin," sê Van Tubbergh.

Hierdie lêproses behels 'n sout-en chloor-
oplossing waarin die blomme geweek word
om van lewende organismes en
alge ontslae te raak.

Daarna word die blomme in die skuur
op Riverside Farm gesorteer en weer deur
'n wasproses gesit. Daarna word dit in 'n
skoon chloormengsel geweek om te verseker
dat die blommetjies so steriel moontlik
is. Dan eers word dit na die inmaakfabriek
vervoer.

"Vandat ek begin blomme inmaak het,
het ek nog nooit 'n klagte gehad wat aan
probleme op die plaas toegeskryf kanword
nie," sê hy trots.

"Twee dinge is belangrik om die houvermo&euml
van vars waterblommetjies te verseker:
Die temperatuur moet so na as moontlik
aan vriespunt wees en daar moet altyd 'n
ho&euml humiditeit wees."

Die ingemaakte blomme staan glad nie
terug vir die vars waterblommetjies nie.
"Maar dit hang natuurlik af van hoe jy (die
verbruiker) dit kook. Ons strewe daarna
om dit so ferm moontlik in die blik te sit
sonder om die gevaar te loop dat dit te min
gekook is. Die kleur is veronderstel om heel
aantreklik te wees. Die geur word ook baie
goed behou."

En die smaak? "Daar is 'n paar resepte
waarin ek self verkies om die waterblommetjies
eerder in geblikte vorm te gebruik,"
sê Van Tubbergh.

Die vervaldatum is sowat drie jaar ná
die blomme geblik is, maar Van Tubbergh
meen dit kan selfs langer behoue bly.

Prysgewys het Van Tubbergh waterblommetjies
altyd met aspersies vergelyk,
maar namate aspersies meer algemeen in
Suid-Afrika verbou is, het waterblommetjies
duurder geraak.

In dié nismark is daar meer as genoeg
uitdagings wat oorwin moet word. Een
daarvan is die verspreidingskanale. Van
Tubbergh het al meer as een bloutjie met
gesoute en gevestigde bemarkers geloop.
Daarom verkies hy deesdae om, waar
moontlik, regstreeks met die kettingwinkels
te onderhandel.

Die bevordering van die produk onder
Jan Publiek is ook 'n taai toffie. "Dit kan sekerlik
beter gedoen word, maar dit is 'n te
omvangryke taak vir een mens."

Sy toekomsplanne hou ook 'n uitdaging
in. "Ek sal dit as 'n uitdaging sien as ek instrumenteel
kan wees om waterblomme in
'n rigting te kry waar dit 'n toeganklike uitkoms
aan enige Wes-Kaapse boer bied. Dit
maak nie saak of hy op groot of klein skaal
daarmee wil aangaan as 'n vertakking tot of
as 'n volwaardige boerdery nie. Daarvoor
is die groei van die plaaslike asook die uitvoermark
egter noodsaaklik.

"As ek die keuse kan hê om 'n nalatenskap
te los, sou dit wees om 'n lewensvatbare
bedryf in die Wes-Kaap op die been te
sien kom."

Landbouweekblad, 25 Januarie 2008

3
 
 
  • 3210 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Skape
  • Hou 'n plaas-partytjie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction