Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Crouchen-blanc-ook-cape-riesling

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Crouchen blanc ook Cape riesling

 

Die Wyn- en Spiritualieëraad se besluit dat die naam Cape riesling gebruik kan word om crouchen blanc te beskryf, neem die werklikhede van wêreldmarkte in ag, luidens 'n persverklaring van Distell.

Daar is produsente wat voel dat die term riesling net vir Ryn- of weisser riesling gebruik behoort te word aangesien dít ampelografies korrek sou wees. Ampelografie is die wetenskap van die identifikasie en beskrywing van druifkultivars.

"Die gedagte dat die gebruik van die naam riesling net tot weisser of Ryn-riesling beperk moet word, is miskien goed bedoel, maar dit veroorsaak meer probleme as wat dit oplos. Daar is groter implikasies as net die naam riesling. Mense wat betoog dat Cape riesling nie toegelaat moet word nie, probeer 'n onderskeid tref tussen die riesling wat as weisser of Ryn-riesling bekend is, en die druif wat plaaslik as Cape of Suid-Afrikaanse riesling bekend staan, maar wat eintlik 'n crouchen blanc is.

As ons dié poging tot sy logiese uiteinde deurvoer sal dit boere oral dwing om stewig gevestigde en baie bekende name te laat vaar ten gunste van minder bekende terme wat geen ingang gevind het nie, behalwe by 'n klompie mense in die binnekringe van die bedryf," sê mnr. Ernst le Roux, 'n wingerdboukundige.

Die aandrang dat riesling net vir weisser of Ryn-riesling gebruik word, sal vereis dat dieselfde met ander name gedoen moet word. Die naam muskadel sal, byvoorbeeld, laat vaar moet word omdat dit nie 'n genetiese verband met die Franse muscadelle het nie. "Nou moet 'n mens vra waar jy die streep trek. Hoe kan 'n mens bepaal watter gewaande wanbenamings behou moet word en watter die trekpas moet kry," vra Le Roux.

Hy voeg by dat dit wêreldwyd bewys is dat daar 'n verband tussen die "stroping van die geheimsinnigheid" rakende die name van wyne en beter verkope is. "Die naam crouchen blanc is nie bekend in Suid-Afrika nie en produsente sal dus verkies om 'n verband met riesling te hou."

6 November 2008

0
 
 
  • 1944 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Plaagdoders kan omgewing knou
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction