Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Hoekom-druiwe-verbruin

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Hoekom druiwe verbruin

 
JOHAN COETSEE (jcoetsee@landbou.com)

Die rypheid van tafeldruiwe wanneer dit geoes word en die soort sakkie waarin dit opgeberg word, speel 'n rol in die voorkoms van verbruining, blyk uit navorsing.

Die voorkoms en kleur van vrugte is belangrik vir die verbruiker. Dit is welbekend dat kleur 'n bepalende rol speel in die besluit van 'n verbruiker of hy of sy 'n produk gaan koop of nie.

Een van die probleme waarmee tafeldruifprodusente in Suid-Afrika soms sukkel, is die verbruining van korrels.

Mnr. Dirk Burger, 'n navorser by ExperiCo, 'n instansie op Stellenbosch wat navorsing doen oor verskillende aspekte van vrugte, sê die kleur van tafeldruiwe word beïnvloed deur natuurlike pigmente in die vrug — soos chlorofil, karotenoïede en antosianiene — óf deur pigmente wat ontstaan weens ensiematiese verbruiningsreaksies. Ensiematiese verbruining is een van die belangrikste kleurreaksies wat vrugte, groente en seekos se gehalte beïnvloed. Die ensiem polifenoloksidase is die oorsaak.

Burger het op 'n tafel- en droogdruif-werkswinkel wat deur die SA Wingerd- en Wynvereniging (SAWWV) op Upington aangebied is, gesê ensiematiese verbruining benadeel die meeste vars produkte, maar dit is tog voordelig vir sekere ander kommoditeite, soos tee, koffie en kakao. Die aantreklike kleur van sekere gedroogde vrugte, soos rosyne, pruimedante en dadels, is afhanklik van ensiematiese verbruining.

In die tafeldruifbedryf veroorsaak ensiematiese verbruining by sekere wit kultivars jaarliks groot finansiële verliese deurdat dit die voorkoms van die produk benadeel. Vanjaar het verbruining by die inhoud van sowat 5 % tot 10 % van die totale uitvoerkartonne van die kultivars Majestic, Regal Seedless en Victoria voorgekom.

Omdat dit so 'n ernstige probleem in die tafeldruifbedryf is, is dit deeglik ondersoek om te bepaal wat die voorkoms van verbruining by Majestic en Regal Seedless beïnvloed.

Burger sê by Majestic kom oppervlakkige ('n netagtige patroon) sowel as interne verbruining voor. Laasgenoemde lei tot die grootste geldelike verliese. By Regal Seedless kom oppervlakkige ('n vlekagtige patroon) sowel as interne verbruining voor. Hier is eersgenoemde die grootste probleem.

Verskeie naoes-faktore is oor die laaste twee jaar ondersoek vir hul invloed op verbruining by Majestic en Regal Seedless.

Verskillende geperforeerde sakke is met ongeperforeerde sakke vergelyk om hul invloed op verbruining by Regal Seedless-druiwe te bepaal. In proewe waar druiwe vir hul protokol-tydperk opgeberg is, het geperforeerde sakke in die meeste gevalle die oppervlakkige verbruining beduidend verhoog in vergelyking met die ongeperforeerde sakke.

Soortgelyke resultate is oor twee seisoene verkry. Hoe groter die perforasies hoe meer die oppervlakkige verbruining, lyk na 'n riglyn. Semi-kommersiële proewe met soortgelyke sakkies, waar die druiwe met aankoms oorsee ondersoek is, het nie altyd die verskille tussen die verskillende soorte sakkies getoon nie. Dit kan toegeskryf word aan 'n korter opbergtydperk as die protokol-tydperke wat in die proewe gebruik is.

Oesrypheid het 'n betekenisvolle effek gehad op die voorkoms van interne verbruining by Majestic en van oppervlakkige verbruining by Regal Seedless. Dit lyk of oesrypheid 'n teenoorgestelde effek het op die voorkoms van interne verbruining teenoor oppervlakkige verbruining. Interne verbruining by Majestic het betekenisvol afgeneem met 'n toename in oesrypheid. Daarteenoor het oppervlakkige verbruining by Regal Seedless betekenisvol toegeneem met 'n toename in oesrypheid.

Die grootte van die drag (10 trosse per stok teenoor 20 en 30 trosse) het geen betekenisvolle effek gehad op die voorkoms van verbruining by Regal Seedless nie.

Burger sê van ál die faktore wat ondersoek is, blyk dit dat oesrypheid en die soort sak wat gebruik word die grootste effek gehad het op die voorkoms van oppervlakkige vlekagtige verbruining by Regal Seedless, en oesrypheid het die betekenisvolste effek gehad op die voorkoms van interne verbruining by Majestic.

Temperatuur se rol bekyk

Majestic-druiwe wat in die oggend teen 'n temperatuur van 18,9 °C geoes is, het nie betekenisvol meer of minder verbruin as dié wat in die middag teen 30,7 °C geoes is nie. Oppervlakkige en interne verbruining het min voorgekom by die druiwe wat getoets is, en oestemperatuur het geen invloed op die ontwikkeling van verbruining gehad nie.

Majestic-druiwe wat onmiddellik ná verpakking verkoel is, het nie betekenisvol meer of minder verbruin as druiwe wat eers drie en ses uur ná verpakking verkoel is nie. By druiwe wat getoets is, was die vlakke van oppervlakkige netagtige verbruining hoog en die voorkoms van interne verbruining baie laag, maar verskillende vertragingstydperke voor verkoeling het geen effek gehad op die ontwikkeling van verbruining nie.

Majestic, wat afgekoel is met lug van -3 °C wat daaroor geblaas is, is vergelyk met Majestic, afgekoel met lug wat teen 0 °C daaroor geblaas is. Die verskillende tempo van verkoeling het geen betekenisvolle effek op die voorkoms van verbruining by Majestic-druiwe gehad nie. Dieselfde neiging het by Regal Seedless-druiwe voorgekom. Daar was nie betekenisvol meer of minder oppervlakkige óf interne verbruining by druiwe wat teen -2 °C verkoel is en dié wat teen 2 °C koud geblaas is nie.

Na gelang van 'n kartonhouer se posisie of plek op die palet kan druiwe in sekere posisies sewe uur langer neem om -0,5 °C te bereik as druiwe op ander plekke op die palet. Druiwe wat vinnig afgekoel het vanweë 'n bepaalde posisie op die palet het geen betekenisvolle verskil getoon in die voorkoms van oppervlakkige of interne verbruining nie, in vergelyking met druiwe afkomstig van posisies waar die druiwe stadiger afgekoel het. Soortgelyke resultate is by Regal Seedless en Majestic gekry.

29 Oktober 2004

0
 
 
  • 2314 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kook met geblikte sardyne
  • Produkpryse (ENB)
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction