|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Verskeie lede van die gespreksforum het sade van die lusernboom geplant en hou dié plantjies met valkoë dop.
Dr. Frans Saaijman skryf:
Oor die Australiese lusernboom: Tagasaste. My ondervinding sover: Ek het ‘n die saad in saadlaaie geplant - een vir een. Ontkieming is so 40%. Die plantjie groei baie vinnig die eerste week of drie.
Dan lyk dit of hulle halt roep.
Toe het ek hulle uitgeplant in oop grond. Dit is nou so vier weke gelede. Tot op datum: Hulle lewe maar die lengte vermeerder nie. Enkele van die ''boompies'' se bas word verwyder so 2 mm bokant
die grond. Die oorsaak is nie bekend nie.
Ek vermoed die reën was net eenvoudig te veel. Dan sterf die plantjie af. Ek het so 50 in 5 liter sakke geplant en bewaar hulle soos goud. Dit word versorg in 'n tonnel.
Leonie Kellerman skryf:
Kom ons vra die vraag? Waar groei die bome al so in Suid-Afrika dat dit op lande bewei kan word deur skape en beeste? Die laaste paar dae van klomp mense gehoor waar dit nie 'n sukses is nie. Waar is die suksesverhale? Frank jy noem van een plek. Hoeveel diere bewei daardie bome.
Frank Kratz skryf:
Ons boere bly maar 'n konserwatiewe groep! Die tagasaste is al 150 jaar gelede Australië toe gebring en alhoewel dit van tyd tot tyd oplewings van belangstelling uitgelok het, is dit net deur 'n handjievol boere oor die jare gebruik en nooit op groot skaal nie. Eers toe die landboudepartement hul toetse doen en dit aan die groot klok gehang het, het dit in Australië skielik 'n "wonderplant" geword! Dit was ook maar 'n dekade of wat gelede! Nou is al derduisende hektare aangeplant!
Ek het dit in Suid-Afrika by gavin Armstrong leer ken, toe hy bestuurder by Camphill Village in Atlantis was. Hy het die sade ingebring en daar was artikels in Farmer’s Weekly en Landbouweekblad.
Redelike belangstelling, maar dit het gou verflou. Die probleem is dat daar nie 'n wonderplant is nie, tagasaste doen baie goed aan die Weskus, hulle het lae weidingspotensiaal en as 'n gewas dit kan verhoog, toon die mense belangstelling! Alhoewel dit seker in groot dele van ons land goed sal aanpas, sal dit in baie gebiede swakker vertoon as ander plaaslik aangeplante weidings.
Dit het ook die nadeel van lang vestiging, wat dit 'n duur opsie maak. Jy moet of daardie land vir 'n jaar of twee totaal van weiding ontrek of groter (duuder) bome aanskaf en plant. Maar as dit eers gevestig is, produseer dit vir baie jare en gee meer as genoeg sade vir verdere uitbreiding en/of hervestiging.
Alhoewel die literatuur aanbeveel dat dit liefs nie ryp moet kry nie, lees ek weer ander berigte waar gevestigde tagasaste tot –by minus 15 grade C kan oorleef. Die dun takkies vries dood, maar die dikker stamme loop weer uit. Omdat dit die vertikale ruimte inneem, van grondvlak tot 1 tot 2meter hoogte, het dit hoë opbrengste per ha.
Ek dink ons sal nog heelwat probleemverhale hoor. Ek self het dit in Kaapstad aangeplant in my tuin, dit maak 'n mooi struik, en het nog nooit probleme ondervind nie, maar hier in die Suid-Kaap het ek skielik botritesswam! Maar as ons eers weet wat die beste praktyke in verskillende gebiede is, sal dit 'n ander storie wees.
Leonie, ek twyfel bv. of tagasaste die aangewese boom in Limpopo sal wees, Leuceana en 'n paar ander tropiese peulbome sal waarskynlik beter doen. So, moet die tagasaste nie afskryf nie, gee hom kans en hy sal in sekere gebiede en onder sekere bestuursstelsels wel 'n wonderweigewas wees.
My persoonlike gevoel is dat in jou gebied ander opsies bestaan om die vertikale spasie produktief te gebruik, Leuceana sal een opsie wees, maar aan die Weskus sal die Leuceana net oorleef as dit vertroetel word, terwyl tagasaste floreer. Daar is mos 'n rede hoekom ons suikerriet in KZN plant! Elkeen moet besluit watter gewas en watter soort vee vir sy gebied, sy bestuursstyl en sy besondere omstandighede die beste sal vertoon!
Hannes Visagie skryf:
Vind aangeheg nog leesstof (PDF-dokument onder aan bladsy) oor tagasaste, ook van Wes-Australië. Dit is nogal baie gebalanseerd en kom van mense met ondervinding.
Ek het nou al baie gelees oor die onderwerp en wil so paar punte maak:
* Nêrens het iemand aanspraak gemaak dat dit maklik is om te vestig, inteendeel, a.g.v die smaaklikheid is dit baie moeilik. As dit maklik was, sou ons dit al lankal op groot skaal gehad het. Lees aangeheg stuk. Hulle waarsku dat dit moeilik is om weer te verwyder, so beplan goed. Die uitdaging is die eerste jaar.
* Die beste grond is diep, goedgedreineerde sandgrond. Bly weg van turf en klei asook ‘n hoë watertafel.
* Dit kos geld en moeite om tagasaste te vestig, want jy moet hom beskerm.
Die tagasaste op foto's is myne! Is dit nie mooi nie?

Ek het saad vir ‘n kwekery hier in die Boland gegee en die kêrel het ontkieming van 90% met die boomsoort en bietjie minder met die “weeping” kleinveesoort. Ons is nie almal kwekers nie!
As ek sien hoe moedeloos party van julle is, dan gaan die beker Kaap toe kom as dit nie in Wes-Australië bly.
24 Januarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Aan almal wat kla - gaan na die persoon/e wat volgens julle self ander nie verneuk nie. Alles kos geld en dit is elkeen se eie besluit hoe hy/sy sy besigheid wil bedryf.
Maak van jou eie saak n regte saak - Geen politiek, gaan kyk gerus wat doen die vrouens van die land. Hulle doen en raas nie net nie.
Edwin dit wil vir my voorkom of jy daardie sade gaar gemaak het in die vles. Sodra n saad begin swel en dit word in die kookwater gelos raak hy gaar. Besoek gerus my webtuiste en kyk na die korrekte en beproefde manier om sade te scarify. Maak ook seker dat die regte Inokulant Entstof gebruik word tydens plant anders gaan jou plante Bosai's bly of met die tyd omval. Sterkte
Hannes, maar jou plante lyk te pragtig . Ek is wragtig jaloers daarop en wens dit was myne. Probeer gaan ek probeer. Dis vir seker.
Ek is so bly ons begin antwoorde kry net jammer die hulp is nie oorspronklik gegee aan die boere toe die rolls royce begin het met hul R 1000000 bemarkings veltog nie - Wat van die klein boere die ouens of plotte wat in klein maat gekoop het vir R 100 of so. Kry hulle ook hulle waarde terug of nuwe pitte vir die wat gevrek het as gevolg van swak informasie of plant tegnieke
Ek het net begin lag toe ek die forum ontdek. Ek voel nou beter om te sien die is n wonderboom. Mens wonder of hy gaan groei. Ek boer langs die krokodil en het al gesien hoe my beeste en wild BAIE winterweiding gaan he. Ek het die saad geplant volgens die verskaffer se instrksies. DIT WERK nie. Uit n honderd het 3 opgekom. Twee het oornag verdwyn.
Ek het toetese begin doen en my beste resultate sover is om die saad oornag in n vles lou water te laat le. Die sade wat ontkiem laat ek in watte le vir n week. Ek hethul daarna in saad laaie gesit met potting soil. Ek het eers net 20 gedoen omdat ek sien dit gaan my geld kos. Uit die 20 het 7 nou begin uitkom. Ek het nou dieselfde ontkieming gedoen maar hulle in sand gesit. Ek sal maar sien at nou gebeur.
Die plantjies wat ek glo bestel het van Kroonstad af, het glo almal n swam gekry. 300 plante is dood?
Geagte Boomlusern Gelowiges en Ongelowiges
Van die Boom Lusern Franchise se agente het my gevra om toe te tree tot die gesprek op Landbou.com. Hier is te veel punte om individueel aan te spreek, mag ek vra dat die mense met tegniese kwessies dit op http://www.treelucerne.co.za/forum/index
opper dat daar aandag aan geskenk kan word.
Dr Frans, jou boompies kry Pythium. Google http://en.wikipedia.org/wiki/Pythium en kontak my vir die enstof tipe behandeling. Pythium laat die stammetie en wortel oop bars en die sekondere infeksie vind dan plaas (http://en.wikipedia.org/wiki/Fusarium). n Mens kan nie op n kommersiele grondslag Boom Lusern in n kweekhuis op skaal verbou indien jy nie die reeks enstowwe gebruik nie. As n vriend, vra bietjie vir Forumvriend Frank Kratz sy ervaring van voor die Entstof, en na die Enstof. Hannes, ek verneem Robby het reeds vir jou entstof gestuur so jy is gesort. (As jy niks oor die Bulle se nuwe truie seg ooit weer nie, is daar n kans dat jy weer kan kry op n volgende rondte, in ruil vir meer stilte. Hoe meer stilte hoe meer entstof...).
Aan die ander gesprekvoerders: Net so n ligte opmerking of twee. R36 172.20. Dit is wat n volblad advertensie in Landbouweekblad kos, en dit is elke sent werd. Die vragie is nie wat kos n saadjie nie, maar wat kos n Nasionale Bemarkingsveldtog om met n 100 Franchisees op n Nasionale Vlak n nuw Industrie te vestig en uit te bou. Spandeer U maar met U eie fondse n Miljoen Rand voor iemand n woord oor n produk gerep of gehoor het, en kom praat dan gerus saam oor U insette en opbrengs op kapitaal. Al opmerking oor pit pryse wat ek wil maak is dat die gradering saad baie duidelik uit die per pit prys blyk.
Op n enstige nooit, dit kos geld om op n Nasionle Vlak alle Boere te bereik en deur agente, radio, die media en dies meer die uithoeke van die land te penetreer. Ek is seker U kon dit moontlik beter gedoen het en dit bekostig het om U produkprys met al hierdie insette te regverdig. My opmerking in die verband is dat ek Landbouweekblad as n advertensie medium aanbeveel en dat dit n soliede opbrengs op kapitaal lewer. Die tyskrif is n institusie in die land op plekke waar radioseine en ander media nie altyd kom nie en dit word ook in die hele Namibia versprei. My interaksie met die profesionele span mense wat dit bestuur was ook n plesier en dit was vir my verfrissend om met die ware Landbouweekblad kultuur te skakel. Daar word vir my n gesonde en profesionele balans gehandhaaf tussen objektiewe beriggewing en beste praktyk, en die kommersiele sy. RSG en veral Landbousake is ook aan te beveel as n medium on afgelee boere te bereik en dit was ook elke pennie werd.
Ander nuus: Insake Miljoene Rande spandeer op produk ontwikkeling en om "High Walls of Entry" teen komptisie te bou. So stil stil agter die skerms terwyl die nuusmedia gewoel het, het n span profesionele wetenskaplikes n eksklusiewe en unieke reeks entstowwe vir Boom Lusern ontwikkel en met n alleenmandaat aan die Franchise gelewer. Die ander groot uitdaging wat boompies laat vrek op so 5 na 10 cm is http://en.wikipedia.org/wiki/Fusarium. Lees gerus op daaroor en sien ook die onlangse verslag in LBW oor die probleme wat dit die Sojaboon bedryf die seisoen berokken het. Ek wil kommersiele kwkers enstig op die hart druk om eerder by ons inklusiewe besigheids model in te skakel as om op groot skaal skoolgeld te gaan betaal. Monie met n miljoen boompies skoolgeld betaal nie.
Op n ernstige noot, daar is miljoene Rande spandeer om middels te vervolmaak waarmee boomlusern beide in kweekhuis kondisies op n skaal van miljoene sukesvol verbou kan word, asook vir droeland vestiging. Indien U Boomlusern buite die tradisionele ekosisiteem wil vestig, weet net dis moontlik en reeds reeds sukesvol op baie honderde hektare landwyd gedoen. Die vereiste vir kommersiele sukses is die unieke behandeling. Waarlik, regtig, as jy my nie glo nie... vra vir Frank, of probeer maar self.
Baie sober: Die doel van die prys per pit veldtog was om beangstelling te prikkel en die per boompie proewe te stimuleer. Die doel van die per boompie proewe was om by grootskaalse ekstensiewe vestiging uit te kom. Die aanname wat algemeen gemaak word dat saad generies en nie geklassifiseer en sertifiseer word is is onjuis, daar is groot kwaliteit, ontkiemings en prys verskille. Vergelyk appels met appels en nie name met name nie, en U sal vinnig kan klas op die pryskundigheid ook.
Daar is enstige sinvolle en profesionele nuus in verband met die stand van die Boomlusern Industrie in Suid Afrika. Moet onder geen omstandighede die Landbouweekblad van die week van 9 Maart 2012 misloop nie. Maak seker jy kry n kopie. Daar is onder leiding van Charl van Rooyen n ondersoekende berig geskryf wat die mees algmene Boomlusern foute, grille en giere tot op die been oopsny. Moet dit nie misloop nie, dis elke sent werd.
Myles, ek eer jou visie.
Moet nie Landbouweekblad van 9 Maart Misloop nie
Groetnis
Justice Malanot
Aan onbekende besoeker: niemand het gese dit is nie n goeie plant nie. Kyk net daar is regte boere wat n verskil wil maak en dan is daar die wat net wil geld uit boere uit maak. daar is n ander persoon Izak Badenhorst by wie jy sade kan koop vir 50c een - Gesertifiseer en ingevoer uit AUS. ondersteun eerder net so n persoon, in plaas van n persoon wat R5-R7 stuk vra nadat hy dit invoer vir 10c. boere verneuk nie ander boere nie.
Ek boer in die Noorkaap Kalahariwes het hierdie gesien as n uitkoms in tye van droogte. Maar na bg negatiewe kommentaar sal ek maar wegbly van hierdie duur plante en pitte beslis die duurste waarvan ek nog gehoor het. Dit lyk my dis goedkoper en koop nog n plaas by.
Chris van Wyk,
Stuur asb. jou e-pos adres aan die webredakteur by webred@landbou.com
mnr onbekende besoeker op watter facebook blad het jy die skrywes gekry want ek sien dit is nie op sy blad nie seker te veel van n verleentheid geraak vir hom
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)