Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Mark-vir-organiese-mangos-stel-teleur

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Mark vir organiese mango's stel teleur

 
Deur ANDRIES GROENEWALD

Een van Suid-Afrika se voorste mangoprodusente is kriewelrig omdat die kunsmatige geesdrif vir organiese vrugte nie behoorlik neerslag vind in die mark nie. Maar gelukkig bied 'n nuwe nismark uitkoms.

Die opgewondenheid oor organiese produkte is tans baie groter as die werklike vraag daarna. En ongelukkig word konvensionele produksiepraktyke in die proses verdag gemaak, sê mnr. Johann du Preez, hoofbestuurder van die Bavaria Fruit Estate naby Hoedspruit in Limpopo.


Dié landgoed se mango-aanplantings beslaan tans 800 hektaar, terwyl sitrus op 160 hektaar verbou word. Ongeveer 'n kwart van die mango's word ten volle organies verbou en volgens die streng voor-skrifte op 'n afsonderlike lyn in die pakhuis gepak. Benewens 'n eie pakhuis spog die landgoed ook met 'n moderne droogeenheid.


Aanvanklik is die verbouing van organiese mango's as 'n vorm van diversifikasie beskou. Later is besluit om ook sitrus in te sluit.


Bavaria Fruit Estates is 'n voorloper in die mangobedryf en die eerste organiese mangoboorde is reeds sowat 11 jaar gelede op dié spog-landgoed gevestig.


Vrugte kan slegs as organies gesertifiseer en bemark word indien die boord van oorsprong minstens vyf jaar lank ten volle organies bestuur is.


Du Preez sê die organiese verbouing van mango's was 'n groot uitdaging met 'n steil leerkurwe, maar 'n voordeel is dat baie van die praktyke sedertdien ook in die konvensionele aanplantings toegepas word. Só word 'n sagter benadering ten opsigte van insekbestryding gevolg. Verder word slegs misstof wat as organies gesertifiseer is, nou op die hele plaas gebruik. Dit, saam met die toediening van kompos, verbeter die grondstruktuur en -gesondheid voortdurend.


Dit is egter sowat vyf persent duurder om mango's organies te verbou. Hierdie verskil in produksiekoste spruit hoofsaaklik uit die spuitprogramme en veral onkruidbestryding. Laasgenoemde, wat met die hand gedoen word, kos in goeie reënjare (soos vanjaar) sommer sakke vol geld. Dit neem een werker een dag om die onkruid op een hektaar te bestry.


Daar word ondersoek ingestel na ander onkruidbestrydingsmetodes, soos die gebruik van deklae en die moontlikheid dat groter bome minder onkruid binne die drupsirkel sal toelaat. In hierdie stadium is chemiese bestryding steeds beter én goedkoper, maar by die organiese aanplantings is dit uiteraard taboe.


Hoewel dit in die algemeen nie lyk of daar noemenswaardige opbrengsverskille tussen konvensioneel en organies verboude mango's voorkom nie, lyk dit tog of sommige kultivars wat organies verbou word in swakker jare 'n laer opbrengs lewer. Maar, sê Du Preez, dit kan moontlik ook daaraan toegeskryf word dat die organiese aanplantings stadiger as die konvensionele aanplantings op spesifieke (regstellende) bestuurspraktyke reageer.


Du Preez waarsku egter dit is een ding om goeie mango's met organiese verbou-ingsmetodes te produseer, maar tans heeltemal iets anders om op die plaaslike mark 'n premieprys daarmee te verdien. Dié dilemma is uitsluitlik 'n plaaslike kwessie omdat die vars organies verboude mango's nie uitgevoer kan word nie weens die teenwoordigheid van die mangosnuitkewer, wat 'n uitvoerbeperking is.


"Ons het in 'n groot mate 'n monokultuur-boerdery bedryf en het hoofsaaklik om twee redes met die organiese verbouing van mango's begin. Eerstens het dit by ons breër strategie van diversifisering ingepas. Tweedens het ons bemarkingsgeleenthede daarin gesien.


"Vandag is ons ontgogel oor die mooi storietjies wat almal oor organiese verbouing geskryf het. Daar is gesê dat dit dié rigting is en dat almal oor 20 jaar slegs organies verboude produkte sal koop. Daarmee saam het die verteenwoordigers en konsultante met hul wonderlike, nuwe produkte gekom. Onder hulle was 'n klompie opportuniste wat gou weer verdwyn het.


"Ons grootste bekommernis is die onkundigheid wat bestaan oor presies wat moontlik is met organiese verbouing en wat nie. Ons kry ons organiese sertifisering van 'n Europese instelling met baie streng maatstawwe en steeds kan ons nie ál ons organiese mango's bemark nie. Ons kan nie na Europa uitvoer nie en die plaaslike mark vir organiese mango's is steeds baie beperk," sê Du Preez.


Nóg 'n probleem met die organiese verbouing van produkte is dat die sertifiseringsinstellings se vereistes nie altyd met mekaar strook nie. Daar is byvoorbeeld 'n middel wat in Amerika gebruik mag word, maar wat in Europa taboe is. Aan die bemarkingskant is daar dikwels by kleinhanderlaars onkunde oor definisies.


Een van die plaaslike kleinhandelaars het onlangs laat blyk dat hy vanaf 'n sekere datum slegs produkte sal koop wat "organies" of "biologies" verbou is. By navraag, sê Du Preez, kon die groep self nie bevredigend verduidelik wat presies hy met hierdie twee begrippe bedoel nie. En wat vir die landbou baie sleg is, is die feit dat die groot ophef oor organiese verbouing nou die konvensionele verbouingspraktyke verdag maak.


"Die verbruiker word wysgemaak dat konvensioneel verboude produkte vol nadelige chemiese neerslae is - dit terwyl die bedryf aan streng uitvoerregulasies onderhewig is. Chemiese middels is vandag buitendien só duur dat geen produsent dit sommer voor die voet in 'n vaste spuitprogram kan gebruik as hy verwag om 'n wins te maak nie," sê Du Preez.


Die Bavaria Fruit Estate bemark 'n skrale 5 % van sy organiese mango-oes op die vars mark. Daarvoor word wel 'n premieprys verdien. Die plaaslike vars mark vir mango's is sowat 80 000 ton. Die deel vir organiese mango's word tans op sowat 4 000 ton geskat word.


Die ironie is dat die grootste persentasie van die landgoed se organiese mango's tans in die mark vir konvensioneel verboude produkte verkoop word. Dié mango's word wel gemerk met 'n plakker wat aandui dat dit organies verbou is. Daar word gehoop dat dit die verbruiker mettertyd meer bewus sal maak van organiese mango's en dat 'n nismark só kan ontwikkel.


Daar is gelukkig die lig van waardetoevoeging voor in die tonnel. Organiese mango's wat aan die droogeenheid gelewer word, behaal 'n pryspremie van sowat 30 %. Vir organiese mango's wat vir versapping aangebied word, word 50 % tot 60 % meer as vir konvensionele mango's betaal. Hierdie nismark is tans nog klein, maar het beslis die potensiaal om uit te brei.


Volgens Du Preez was hul teleurstelling in die mark vir organiese mango's só groot dat hulle dit oorweeg het om die organiese boorde weer volgens konvensionele praktyke te bestuur.


Maar hulle gaan eerder na ander gewasse diversifiseer en in die proses die mango-aanplantings tot 700 hektaar afskaal.


Vier nuwe mangokultivars en 'n vroeë avokado word tans beproef. Verder is die uitbreiding van nismarkte vir organiese mango's deel van die planne om die boerdery in 'n beter posisie te plaas, volgens Du Preez.

Landbouweekblad, 7 Maart 2008

0
 
 
  • 1682 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Afgri se wins styg met 64%
  • Soetkoekies met glaseersel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction