Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Nuwe-hoop-teen-valskodlingmot

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nuwe hoop teen valskodlingmot

 
ANDRIES GROENEWALD

Danksy die volharding van navorsers is daar nou nuwe hoop dat valskodlingmot by sitrus op 'n omgewingsvriendeliker manier vasgevat kan word.

'n Virus vir die biologiese bestryding van valskodlingmot (Cryptophlebia leucotreta) by sitrus word binnekort geregistreer. Steriele valskodlingmotte gaan ook al die komende seisoen in 'n semi-kommersiële proef van 35 ha vrygelaat word.

Dr. Sean Moore, 'n entomoloog van Citrus Research International (CRi), het op dié organisasie se sitrusnavorsingsimposium op Modimolle (Nylstroom) gesê daar is 'n dringende behoefte aan die bevredigende bestryding van valskodlingmot in plaaslike sitrusboorde.

'n Paar jaar gelede is 'n groot deurbraak gemaak toe navorsers die Cryptophlebia leucotreta granulo-virus (CrleGV-SA) ná 'n ontleding- en isolasieproses ontdek en beskryf het. Hierdie virus val jong valskodlingmotlarwes aan en vernietig hulle.

In vier veldproewe het dié virus besmettings met valskodlingmotlarwes met sowat 60 % verminder vir 'n tydperk van vyf tot nege weke. Waar die virus in 10 veldproewe in die Oos-Kaap en in Mpumalanga in 'n formulering saam met melasse en 'n benatter uitgetoets is, is die larwebesmetting vir 'n tydperk van nege weke met tot 80 % persent verminder.

Hierdie resultate was aansienlik beter as dié wat behaal is met die insekgroeireguleerder Alsystin en die piretroïed Meothrin. In proewe by Citrusdal is onbevredigende resultate met die virus behaal. Moontlike redes daarvoor word steeds ondersoek. CrleGV-SA sal binnekort plaaslik geregistreer word vir gebruik op sitrus onder die handelsnaam Cryptogran, sê Moore.

Die navorsingsprojek wat gemoeid is met steriele insekloslatings is ewe belangrik vir die doeltreffende bestryding van die valskodlingmot.

Mnr. Hendrik Hofmeyr, entomoloog by die CRi op Citrusdal in die Wes-Kaap, sê navorsing na die loslating van steriele insekte vir valskodlingmot word sedert 2002/03 gedoen. Die volgende is onder meer vasgestel:

  • Gammabestraling, gemeet in gray (Gy), kan die valskodlingmot steriliseer. Na gelang van die dosis word die bestraalde motte (die ouers of P1-generasie) se potensiële vrugbaarheid (getal eiers gelê) en werklike vrugbaarheid (getal eiers uitgebroei) aangetas.
  • Teen 200 Gy word al die wyfies en ongeveer 80 % van die mannetjies gesteriliseer. Teen hoër dosisse kan die bestraalde motte se lewenskrag aangetas word. Bestraalde mannetjies moet in die boorde met "wilde" (onbestraalde) mannetjies meeding om wyfiemotte op te spoor om mee te paar. Daar moet dus 'n balans gevind word tussen die graad van steriliteit wat verlang word en die nadelige invloed van bestraling op die motte se lewenskrag.
  • Meer F1-mannetjies as F1-wyfies ontwikkel wanneer hul ouers (P1-generasie) bestraal word.
  • Bestraalde P1-mannetjies en P1-wyfies se nageslag is heeltemal steriel. Dit is oorgeërfde F1-steriliteit wat die grondslag is vir die geslaagde loslating van steriele insekte om die probleem met valskodlingmot in sitrusboorde hok te slaan.

    Hierdie laboratoriumproef is opgevolg met 'n boordhokproef wat die aanvanklike resultate bevestig het. Die bestraalde motte in die hokke het goed meegeding met die onbestraalde motte. 'n Loslaatverhouding van tien bestraalde motte tot een onbestraalde mot het beter gewerk as 'n verhouding van 5:1. 'n Bestralingsdosis van 150 Gy het minstens net sulke goeie resultate soos 'n dosis van 200 Gy gelewer. Dít is 'n faktor wat vir die behoud van lewenskragtige motte voordelig kan wees.

    Die laboratorium- en boordhoknavorsing is nou afgehandel en puik, herhaalbare resultate is behaal. Die volgende stap in die ontplooiing van steriele insekte as 'n kommersiële bestrydingstegniek vir valskodlingmot by sitrus is om 'n loodsprojek in nawelboorde uit te voer. Dié program sal die tegnieke in praktiese toestande toets en probeer om vrugval weens besmetting met valskodlingmot te verminder.

    Hierdie loodsprojek word in 2004/05 in 'n sitrusaanplanting van 35 ha naby Citrusdal beoog, sê Hofmeyr.

    Sitrusswartvlek kortwiek uitvoer

    Sitrusswartvlek, wat deur die swam Guignardia citricarpa veroorsaak word, was tot 'n paar jaar gelede vir die plaaslike bedryf 'n betreklik eenvoudige siekte wat net voorgekom het op sitrus wat in die somerreëngebiede van Suider-Afrika verbou word.

    Dié siekte veroorsaak kosmetiese letsels op die vrugte sonder om die interne en eetgehalte te benadeel.

    Die oorspronklike bestrydingsmaatreëls vir sitrusswartvlek was bloot gerig op die geslaagde beheer van die siekte vir die normale bemarking van sitrus. Met die uitbreiding van die Europese Unie (EU) het nuwe toetreders, soos Spanje, op verskerpte fitosanitêre vereistes aangedring. Waar sitrusswartvlek dus vroeër net 'n siekteprobleem was, het dit toe 'n fitosanitêre probleem geword met besliste implikasies vir marktoegang.

    Die EU het vereis dat die land, streek of boord vanwaar sitrus na sy gebied uitgevoer word, vry van sitrusswartvlek moet wees. Daar is wel 'n uitsondering op hierdie reël en dit is dat die sitrus uit só 'n land of boord behandel word teen sitrusswartvlek en dat dit vry van sitrusswartvlek verklaar word voordat dit na die EU verskeep word.

    Dr. Hennie le Roux van Citrus Research International het op die sitrusnavorsingsimposium gesê die voorkoms van sitrusswartvlek in sommige boorde in die noordelike produksiegebiede van Suid-Afrika kniehalter uitvoer na Amerika. Die identifisering van sitruswartvlek-boorde was dus noodsaaklik sodat sitrus uit boorde wat vry is van sitrusswartvlek uitgevoer kan word. Ná 'n intensiewe identifiseringsprogram is die status en omvang van hierdie siekte nou bekend.

    'n Versoek om sitrusswartvlekvrye status gaan nou gerig word namens die landdrosdistrikte in die Noord-Kaap wat ondersoek en vry van dié siekte verklaar is. 'n Aansoek om goedkeuring vir uitvoer na Amerika sal gerig word ná die daarstelling van 'n stelselbenadering vir Herbertsdale in die Suid-Kaap, asook vir Kookhuis en Adelaide in die Oos-Kaap.

    Die status van sitrusboorde in die Knysna-gebied word nog ondersoek, het Le Roux gesê.

    3 September 2004

  • 0
     
     
    • 2499 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
    • Revolusie in landbou is hier - Tina

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Ongekende groei vir GM gewasse
    • Vrou tussen die trekkers
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction