Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Pekanneute-goeie-alternatief

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Pekanneute: Goeie alternatief

 
Deur JACO VERMEULEN

Die probleme van winsgewendheid en wisselvalligheid wat met kontantgewasse ondervind word, maak die oorskakeling na permanente gewasse, veral pekanneute, meer rooskleurig en selfs noodsaaklik. Jaco Vermeulen van Senwes Landboudienste gee meer inligting oor dié gewas, wat tans op Vaalharts sterk veld wen.

Oorsig oor die bedryf

Waterskaarsste, oorproduksie, invoere en die wisselkoers maak die tradisionele produksie van kontantgewasse minder winsgewend en produsente soek na stabiele alternatiewe om die risiko te versprei. Pekanneute is voorwaar een van die gewasse wat, vanweë die uitvoerpotensiaal, groot belofte toon. Deeglike beplanning is egter baie belangrik, veral finansiële beplanning. Die probleem met die oorskakeling na pekanneute is dat daar 'n lang tydperk van uitgawes sonder enige inkomste is. Die produsent moet dus ander bronne van inkomste hê om die uitgawes te dek. Hoe gouer die bome begin dra, hoe gouer is die terugbetaling. Die groot voordeel as die bome eers dra, is dat die vertakking die oorlewingsvermoë van die boerdery kan vergroot indien die kontantgewasse as gevolg van eksterne faktore onder druk kom.

Aspekte wat in ag geneem moet word ter besluitneming.

Klimaatsvereistes

Die pekanneutboom is goed aangepas in groot dele van Suid-Afrika met kort, koue winters en lang, baie warm somers. Lae temperature en selfs ryp gedurende Junie tot Augustus word vir suksesvolle bot- en blomvorming vereis. Gedurende die somermaande (Oktober tot April) vereis die boom hoë temperature vir vruggroei.

Temperatuurnorme kan dus as volg opgesom word:

- 'n Gemiddelde maandelikse maksimum temperatuur moet hoër as 28 grade Celsius gedurende die somer styg en laer as 23 grade Celsius gedurende die winter daal.

- 'n Gemiddelde maandelikse minimum temperatuur moet gedurende die somer bo 16 grade Celsius styg, maar laer as 8 grade Celsius gedurende die winter daal.

Ryp mag voorkom gedurende die winter, maar van 15 September tot 15 Mei moet dit rypvry wees. Vaalharts is baie geskik volgens die temperatuurvereistes.

Grondvereistes

Die pekanneutboom groei die beste in vrugbare, goed gedreineerde, diep grond met los tot medium tekstuur. Pekanneute hou nie van 'n vlak watertafel nie, aangesien dit worteldiepte beperk. Die voorkoms van ondeurlaatbare lae vir water sal dreinering beperk, terwyl deurlugting baie belangrik is vir wortelontwikkeling. Die aanwesigheid van lopende water is voordelig, maar die voorkoms van 'n stagnante watervlak is uiters nadelig.

Besproeiing

In Suid-Afrika is reënval nie voldoende om te voorsien in die waterbehoeftes van pekanneutbome vir optimale produksie nie. Gewoonlik word bykomende besproeiing benodig tydens die kritieke groeistadia om goeie opbrengs en kwaliteit te verseker. Kennis oor die fisiese eienskappe, sowel as die waterhouvermoë van die grond, is nodig ten einde 'n besproeiingstelsel te beplan.

Te veel water is baie nadelig, maar watertekorte tydens die kritieke tye (soos neutvorming en neutvul) kan tot swak gradering, lae oesopbrengste en swak oopmaak van neute lei. September is hier die belangrikste tydperk van oor- en onderbesproeiing.

Sink

Sink is een van die elemente wat seker die belangrikste is by pekanneute. By jong, nie-draende bome is sink belangrik vir maksimum blaarontwikkeling, wat weer groeitempo bepaal. By draende bome moet sink gespuit word wanneer die blaarbloeisels 50 mm lank is. Herhaal die bespuiting minstens drie keer, met tussenposes van twee tot drie weke. Selfs vyf bespuitings kan nodig wees indien bome swaar dra.

Kultivars

Die neutprodusent, verwerker en verbruiker stel almal verskillende vereistes aan die eindproduk. Daar is verskeie faktore wat ons beperk as dit kom by kultivarseleksie. Kruisbestuiwing, skurfsiekte, kouebestandheid, sinktekorte, windskade en alternatiewe drag is alles faktore wat in ag geneem moet word by die selektering van kultivars.

Hier is die eienskappe van drie kultivars wat baie goed presteer op Vaalharts:

WITCHITA:

Voordele:

- ongeveer 2 ton kultivar, baie hoë opbrengs

- kom vroeg in produksie (4 - 5 jaar)

- baie hoë uitdoppersentasie (61%)

- hoë koue-verdraagsaamheid

- het homself reeds in Suid Afrika bewys

Nadele:

- baie swak mikke

- sinktekort

- moeilik om te dop (gebuigde neutvorm)

- neutkern geneig om te verdonker na uitdop

- beskikbaarheid van plantmateriaal

- baie swak weerstand teen skurfsiekte (beperk kultivar tot weste)

PAWNEE:

Voordele:

- 2 ton kultivar, hoë opbrengs

- hoë uitdoppersentasie (58%)

- goeie dopeienskappe met dun dop

- uitstekende neutkernkwaliteit

- groot neute

- baie sterk mikke

- plantmateriaal geredelik beskikbaar

- hoë weerstand teen insekte

- baie hoë koue-verdraagsaamheid

- matige weerstand teen skurfsiekte

Nadele:

- kom later in produksie (vat langer om te dra)

WESTERN SCHLEY:

Voordele:

- 1,8 ton kultivar, hoë opbrengs

- baie lae geneigdheid tot sinktekorte

- sterk mikke en raamtakke

- baie hoë koue-verdraagsaamheid

- uitstekende dop en neutkern-eienskappe

- hoë uitdoppersentasie (58%)

Nadele:

- baie swak weerstand teen skurfsiekte, wat aanplantings beperk tot die weste en droër binneland

- plantmateriaal is moeilik bekombaar

Groeipotensiaal

Pekanneute op Vaalharts toon die afgelope paar jaar sterk groei en daar is voldoende groeipotensiaal.

Pekanneute maak tans 6% van alle neutproduksie oor die wêreld uit. Soos gesondheidsbewustheid internasionaal toeneem, neem die verbruik van neute ook toe en dit skep groot moontlikhede vir uitbreiding. Goeie bestuur van boerderypraktyke ten einde kwaliteit neute te lewer sal egter baie belangrik wees.

Wat ook baie belangrik is, is dat die pekanbedryf reg bestuur moet word op 'n gekoördineerde wyse. Statistieke is belangrik om groei in die bedryf te bepaal, markontwikkeling te doen en vir finansiering en navorsing voorsiening te maak. Produsente en voornemende produsente word aangeraai om aan te sluit by SAPPV, ten einde die bedryf reg te bestuur en aandag te gee aan generiese bemarking om die vraag na die produk uit te bou.

Sensus

In September 2005 is daar 'n sensus-opname in Vaalharts en die omgewing gedoen:

Vaalharts: 2 884 hektaar 80% 1 tot 5 jaar oue bome

Sentrale areas: 1 600 hektaar 87% 1 tot 5 jaar oue bome

KwaZulu-Natal: 1 125 hektaar 31% 1 tot 5 jaar poue bome

Uit bogenoemde kan ons aflei dat daar groot vestiging plaasgevind het en dat daar oor 'n paar jaar redelik groot hoeveelhede pekanneute geoes gaan word.

Gesondheidsvoorkeure

Neute is propvol energie en volgens 'n studie gedoen in die VSA is daar 'n duidelike verband tussen neuteverbruik en die liggaamsgewigindeks. Neute is vullend en kan in 'n dieet ingeskakel word om gewigsverlies te bewerkstellig. Neute is ook ryk aan Vitamien E, kalsium, magnesium, kalium en vesel. Neute bevat ook verskeie elemente of plantkomponente wat die mens beskerm teen hartsiektes, kanker en ander kroniese siektes.

Samevatting

Pekanneute is voorwaar 'n alternatiewe gewas wat groot potensiaal toon onder besproeiing op Vaalharts. Dit is egter baie belangrik dat die voornemende produsent sy beplanning deeglik sal doen en sal weet wat hy doen. Dit is beslis nie net vir bome plant met groot sukses nie. Die produsent sal 'n voorliefde vir bome moet hê. Hy sal voortdurend aandag moet gee om foute te beperk en maksimum opbrengste van die hoogste kwaliteit so spoedig moontlik te produseer. Sleutelwoorde is kwaliteit, volgehoue produksie van goeie gehalte en samewerking op bemarkingsgebied. Dit kan slegs geskied as produsente saamstaan en hul vereniging, die SAPPV, ondersteun.

•Verwysings

SA Pekan-tydskrifte van SAPPV

Die Verbouing van Pekanneute deur die Instituut vir Tropiese- en Subtropiese gewasse

Mnr. Bill Smith, SAPPV Streeksbestuurder streek 8.

  • Navrae:


  • Vir enige navrae, skakel gerus die SAPPV-kantoor by (012) 329-9868 vir spesifieke verwysings of gesels met Jaco Vermeulen van Senwes Landboudienste by (053) 474-9647.

    9 Julie 2007

    3.75
     
     
    • 4320 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
    • Revolusie in landbou is hier - Tina

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • Kos verloor waarde oor boer-praktyke
    • Nuwe wedloop om Afrika
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction