Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Plaaslike-wynmaker-sprei-sy-vlerke

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Plaaslike wynmaker sprei sy vlerke

 
Jacques Claassen

Die vlieënde wynmakers is 'n groep jong mense wat gereeld tussen die wynlande
van die Noordelike en Suidelike Halfrond pendel en só wyn op kontrak vir die
Britse mark maak. 'n Suid-Afrikaner wat hom by hulle aangesluit het, het
Landbouweekblad vertel van sy ervaringe.

In 1999 het mnr. Tinus Els die eerste Suid-Afrikaner geword om hom by die "vlieënde wynmakers" van die Britse maatskappy International Wine Services (IWS) aan te sluit. Hy is aan die maatskappy bekend gestel toe 'n paar van dié vlieënde wynmakers op Bonnievale in die Boland kom werk het.

Hy het toe reeds sowat sewe jaar lank wyn op plase by die Paarl, Stellenbosch en Bonnievale gemaak. Aanvanklik het die IWS mnr. Els gevra om vir een parsseisoen by 'n koöperatiewe kelder in die Franse provinsie Bordeaux te help wyn maak.

Dié koöperasie het sowat 330 lede, een hoofwynmaker en tien opgeleide tegnici. In die seisoen wat mnr. Els daar gewerk het, moes hulle 22 000 ton druiwe hanteer, waarvan 99 % meganies gepars is. Op een Saterdag het hulle 1 500 ton Merlot gepars.

"Omdat dit in Bordeaux so baie reën, wou die Franse ons nie toelaat om vooraf sekere wingerdblokke te selekteer nie," vertel mnr. Els. In Frankryk werk net die kleiner kelders met handgeparste druiwe wat hulle in staat stel om die druiwe beter te selekteer. Wat hom egter van die Europese kelders bybly, is die hoë higiënestandaard wat gehandhaaf word.

In 2000 het mnr. Els vir die plaaslike parsseisoen na Suid-Afrika teruggekeer, maar daarna het hy 'n voltydse aanstelling by die IWS aanvaar. Hy het toe afwisselend in Frankryk (Bordeaux en Languedoc), Suid-Afrika en Spanje (naby Saragossa) gewerk.

Ná vyf parsseisoene by die IWS het hy in Augustus verlede jaar as 'n projekleier by die Britse maatskappy HwCg aangesluit om wyn in Frankryk, Italië en Spanje asook in Suid-Afrika, Argentinië en Chili te maak. Hy sal egter ook op die terrein van bemarking verdere internasionale ondervinding opdoen.

Volgens hom word Suid-Afrikaners goed in die buiteland aanvaar. Vlieënde wynmakers moet egter bereid wees om Frans en Spaans te leer. Toe sy kennis van Frans nog taamlik gebrekkig was, het hy aanvanklik bevestigend geantwoord op 'n vraag soos of hy rooi wyn saam met sy ontbyt wil hê.

Volgens mnr. Els weet die IWS presies wat die Britse mark verlang. Dit is onder meer wit wyne met meer prominente, vrugtige aromas. Ná die wyne droog gegis is, lê sommige daarvan langer as gewoonlik op die dun gistingsmoer om 'n voller smaak daaraan te verleen. Die wyn word laat gefiltreer - wanneer dit finaal reg is vir die mark.

Volgens mnr. Els kan 'n mens net só werk as jy vooraf seker is van jou mark. Hy wys daarop dat talle plaaslike wynmakers hul wyne te gou filtreer sodat hulle dit nog vir moontlike goedkeuring aan die groothandel kan voorlê.

"Die wyn het dus geen kans om verder in die tenk te verouder nie. Dit is ongelukkig by ons ingeprent om só wyn te maak. Om wit wyn se verouderingspotensiaal te verbeter, moet die regte tegnieke egter gevolg word."

Mnr. Els het twee seisoene vir die IWS top-Chenin blanc in Suid-Afrika gemaak wat in die buiteland goed aanvaar is. Hy meen Perdeberg, en selfs Stellenbosch, kan puik Chenins lewer. Tog is hy bevrees dat Suid-Afrika besig is om dié kultivar die rug te keer en dat top-Chenins binne 'n jaar of drie al hoe skaarser sal word.

Wat die rooi wyne betref, word 'n meer intense oorpompaksie vir 'n goeie kleur- en geurekstraksie gebruik. Omdat dié wyn in dieselfde prysklas as produkte van Nuwewêreldlande val, het mnr. Els ook houtstawe gebruik. Net 20 % van die wyn was in vate.

Hier te lande het hy onder meer Pinotage vir die IWS se Europese mark gemaak. Hy het goeie volryp druiwe met sagte tanniene gebruik, terwyl hy sagkens met die doppe gewerk het. "Ek het 'n bietjie houtstawe gebruik. Hoewel die wyn 'n vol styl het, is dit vrugtiger en het dit nie 'n oordonderende asetoon-karakter nie. Met die gebruik van vate kan dit vir jou 'n top-wyn gee. Suid-Afrikaanse wynmakers moet veral waak teen 'n dun Pinotage-styl, wat maar net nog 'n wyn is."

Ten opsigte van rooiwynkultivars, wys mnr. Els daarop dat Suid-Afrika moet lig loop vir verkeerde terreine, groot korrels en hoë produksie, terwyl hy ook daarvan kennis moet neem dat heelwat rooi kultivars in die suide van Frankryk en in Chili geplant word. Hy meen daar sal altyd 'n vraag wees na goeie plaaslike wit wyn, maar dat 'n oorskot rooi wyn dalk vorentoe sal ontstaan en dat dit nie weggewerk sal kan word deur dit in papsakke te probeer verkoop nie.

Volgens hom het die skille van sy oë afgeval ná hy as 'n vlieënde wynmaker begin werk het. Hy besef nou eers hoe groot die internasionale mededinging is en dat hy visie verkry het. " 'n Mens werk met ander wynmaakstyle en vreemde kultivars. Jy besef dan eers werklik watter groot en belangrike invloed die regte terroir op die gehalte van 'n wyn het."

Sy raad aan die jong wynmakers wat by Elsenburg opgelei word, is om eers buitelandse blootstelling by 'n goeie wynmaker te kry voor hulle self hul stempels by plaaslike kelders probeer afdruk. Volgens hom moet belangstellendes eenvoudig die kans waag en hul CV's aan die maatskappye IWS of HwCg stuur. Hy wys daarop dat die wynmakers by Australiese maatskappye aangemoedig word om drie maande onbetaalde verlof te neem en elders te gaan wyn maak.

Volgens hom het plaaslike wynmakers 'n magdom take. Eintlik te veel. Daarenteen word oorsese wynmakers deur genoeg tegnici bygestaan sodat hulle net op hul bepaalde doelwitte kan fokus, naamlik om wyn te maak in die styl wat die mark verlang.

Hy meen dat Australië vir die plaaslike wynbedryf 'n mededinger sal bly asook Nieu-Seeland met sy Sauvignon blanc. Daarbenewens lewer Chili van die wêreld se gewildste en mees bekostigbare Cabernet Sauvignons.

Mnr. Els wys daarop dat Britse maatskappye Noord-Afrika nou as 'n nuwe mark ontgin, terwyl 'n Franse maatskappy besig is om wyndruiwe in Egipte langs die Nyl te vestig.

Oor sy toekomsplanne sê mnr. Els dat hy op die oomblik nog baie nuuskierig is en graag eers voldoende bemarkingsondervinding wil opdoen. Vorentoe sal hy graag in Suid-Afrika by 'n wynmaatskappy, of by twee of drie kelders, betrokke wil raak.

Hy sal graag sy kennis - wat van wynstyle tot by bemarking strek - in Suid-Afrika wil terugploeg. Volgens hom kan plaaslike produsente net meer wins maak deur saam te smelt en self waarde tot hul produk toe te voeg. Die groot uitdaging is egter om hulle te laat saam werk.

Mnr. Els meen dat al die plaaslike wynstreke die boustene het om groot volumes goeie kommersiële wyn te maak. Volgens hom sit veral die Worcester- en Robertson-wynstreke op goudmyne. Hy sê wat tegnologie betref, is Suid-Afrika geensins agter nie. "Dié land moet bloot meer bemarkingsblootstelling kry."

4 April 2003


0
 
 
  • 1588 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Kruger-wildtuin weer geëis
  • SA nie 'n tweede Zim nie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction