Pryse van varsprodukte

 
Varsprodukte. Foto: BEELD
Varsprodukte. Foto: BEELD

Die daaglikse pryse van varsprodukte op die Tshwane Varsproduktemark is nou op landbou.com beskikbaar.

Landbou.com het ‘n ooreenkoms met dié groot varsproduktemark gesluit om sekere pryse op ons webwerf te vertoon. Gebruikers kan die daaglikse pryse opsoek van alle produkte wat op die Tswane-mark behaal is, of historiese pryse naslaan.

Dié nuwe afdeling is in die Markte-afdeling op die tuisblad, of klik hier om dit te sien.

Om dié pryse te besigting, is maklik. Die kassie vir historiese pryse stel die besoeker in staat om pryse wat in die verlede betaal is, na te gaan.

Die tweede soekfunksie op dié bladsy vertoon die datum van die jongste pryse (gewoonlik dié van die vorige dag) op die Tshwane Varsproduktemark. Tik slegs die naam van ‘n produksoort in die soekkassie om die soektog te doen.

31 Julie 2010

5
 
 

Kommentaar

corlivdm

Hallo Beyers,
Ons het ongelukkig nie `n diens wat die pryse outomaties vir jou kan stuur nie. Jy kan dit egter hier gaan soek: http://www.tshwane.gov.za/Services/Tshwane%20Market/Pages/DailyPrices.aspx
Groete,
Corli van der Merwe
Webredakteur

Beyers Jonker 

Wil graag pryse van varsprodukte op 'n daaglikse basis ontvang.

Lourens de beer 

Ek wil graag patats plant, my plaas is in noordwes sal dit die moeite werd wees of wat se produkte kan ek in daai omgewing winter en somer plant en na die mark op klerksdorp neem, dankie

Janbez

Cobus,
Kontak die Tswane-mark om self met hulle 'n reeling te tref.
Groete

Cobus Burger 

Waar kry ek die volledige lys van alle produkte vir die dag. Ons vervaargig 'n reeks Vrugte sappe en Groente sappe en will nie deur 30 produkte soek nie. Dit moet ook in 'n formaat kom soos vir Excel.
Vriendelike Groete,
Cobus

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.