SA avo's skitter in Europa

 

Suid-Afrika se avokadoprodusente het goeie rede om breed te glimlag ná 'n uitstekende 2008-uitvoerseisoen.

Mnr. Don Westcott, uittredende voorsitter van die SA Avokadokwekersvereniging (SAAKV), het op die vereniging se jaarvergadering op Tzaneen in Limpopo gesê 'n bykans rekordvolume van 12,81 miljoen kartonne is na Europa uitgevoer.

Pryse was onder druk vanaf laat-Agustus tot laat-September weens 1,34 miljoen kartonne per week wat gesamentlik deur Suid-Afrika en Peru op die Europese markte gelewer is.

Op die plaaslike terrein is 4, 8 miljoen kartonne deur die 17 varsproduktemarkte verkoop teenoor die sowat 5,1 miljoen kartonne wat in 2006 en in 2007 gelewer is.

  • Mnr. Piet Muller van die Amana-boedery by Levubu in Limpopo, is as die SAAKV se nuwe voorsitter aangewys.

    18 Februarie 2009

  • 0