Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Sa-kry-israel-se-voorste-kwekerytegnologie

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

SA kry Israel se voorste kwekerytegnologie

 
Deur ANDRIES GROENEWALD (agroenew@landbou.com)

Een van Suid-Afrika se grootste tamatie- en uieboere het in vennootskap met 'n Israelse maatskappy waarskynlik een van die grootste en modernste kommersiële groentekwekerye in Limpopo begin. Nóg sulke kwekerye word vir Suid-Afrika beoog.

In 'n unieke vennootskap het die maatskappy ZZ2, onder meer een van Suid-Afrika se grootste tamatie- en uieboere, kragte saamgesnoer met die maatskappy Hishtil Kwekerye van Israel om 'n hoëtegnologie-kwekery vir groente- en geënte groentesaailinge by Mooketsi in Limpopo op te rig. Dié kwekery sal meer as 50 miljoen saailinge per jaar produseer.

Mnr. Shlomo Zuker, hoofbestuurder van Hishtil Suid-Afrika, het tydens die amptelike opening van die kwekery gesê dié maatskappy is die wêreld se voorste plantverskaffer en die nuwe kwekery by Mooketsi bring wêreldklas-tegnologie na die Suid-Afrikaanse saailingbedryf. Danksy die nuwe kwekery sal die plaaslike landboubedryf direk voordeel put uit internasionale navorsing en ontwikkeling.

Hishtil het vyf takke in Israel, kwekerye in Italië en Turkye asook tegnologie-oordragooreenkomste met Griekeland, Spanje en Rusland. Onderhandelinge is ook met Mexiko aan die gang.

Die maatskappy se primêre besigheid is die produksie van groentesaailinge en dit het die tegnologie vir geënte spanspekke, komkommers, rissies en tamaties vervolmaak. Hishtil spesialiseer ook in ornamentele plante asook kruie en produseer meer as 550 miljoen plantjies per jaar, sê Zuker.

Me. Roné Strauss, kwekerybestuurder, is ingenome met die nuwe kwekery wat met die jongste tegnologie spog. Ingevoerde veen word onder meer vir die groeimengsel gebruik om plaaslike veenbronne te beskerm. Die masjien wat die saailaaie voorberei en die saadjies plant, kan tot 5 000 saailaaie per dag hanteer. Daarvandaan gaan die saailaaie na 'n ontkiemingskamer waar die optimale vog en temperatuur deur 'n rekenaar beheer word. Na gelang van die kultivar bly die saailaaie van een tot sewe dae in die ontkiemingskamers voordat dit na die kweektonnels uitgeplaas word.

Elke kweektonnel het 'n ingangsportaal met 'n wasbak en voetebad vir ontsmettingsdoeleindes. Die portaaldeur is só ontwerp dat sterk waaiers aangeskakel word die oomblik as die deur oopgemaak word. Dit skep 'n onmiddellike lugvloei na buite wat verhoed dat enige insekte die portaal kan binnedring. Spesiale nette word vir die kweekhuise self gebruik om insekte uit te hou en gevolglik die gebruik van chemikalieë uit te skakel. Binne-in die kweektonnels geskied outomatiese oorhoofse besproeiing wat deur 'n katrolstelsel funksioneer.

Strauss sê die nuwe kwekery se voordele is sy spesiale groeimedium en verbeterde wortelontwikkeling danksy Hishtil se geregistreerde "Root-straight"-saailaaie. Die kwekery is 'n wêreldleier in geënte groente-planttegnologie, dit bied 'n plantbeskermingspakket en word gerugsteun deur die wêreld se voorste navorsing en ontwikkeling. Daarby is dit onderhewig aan onafhanklike gehaltemonitering, voldoen dit aan internasionale gehaltestandaarde en bied dit 'n afleweringstelsel wat van saailaai tot in die land beplan is, sê Strauss.

Mnr. Ychezkel Dagan, hoof uitvoerende beampte van Hishtil Israel, sê sy maat-skappy se primêre doel om na Suid-Afrika te kom, is nie om geld te maak nie, maar eerder om 'n mark te vestig en te ontwikkel. "Ons glo in die Suid-Afrikaanse boere en ons vertrou dat julle ons sal ondersteun," het Dagan gesê.
Volgens mnr. Sello Moloto, premier van Limpopo, is landbouproduksie aan die afneem en speel die landbou veral in Limpopo 'n belangrike rol. "Die nuwe kwekery is 'n nuwe inisiatief wat nuwe hoop bring vir Limpopo en vir Suid-Afrika en ek vertrou dat dit ook sal uitkring na die res van Afrika," het Moloto gesê.

Mnr. Tommy van Zyl, hoof uitvoerende beampte van ZZ2, sê die daarstelling van die nuwe kwekery bring 'n einde aan ZZ2 se eie kommersiële kwekery wat met Amerikaanse tegnologie in 1978 opgerig is. "Uiteindelik het ons die regte besluit geneem om die nuwe kwekery as 'n onafhanklike besigheid saam met 'n vennoot te vestig, want ZZ2 se kernbesigheid is immers die verbouing van landbouprodukte, soos onder meer tamaties en nie die kweek van groentesaailinge nie. Hishtil bring nie net 'n netwerk van kennis en tegnologie na Suid-Afrika nie, maar ook 'n waardestelsel," het Van Zyl gesê.

Volgens raming sal hierdie projek sowat 200 nuwe werkgeleenthede skep. Dit hou groot voordele in vir Suid-Afrikaanse boere. Nie net sal hulle hoëgraadse saailinge kan plant nie, maar hulle sal ook hul plantprogram haarfyn kan uitwerk. Danksy die gevorderde kweek- en entmetodes sal planttyd tot op die dag bepaal kan word en sal boere die saailinge op hulle plase in spesiaal ontwerpte saailinghouers ontvang.

Die nuwe kwekery gaan afskop met gewone en geënte saailinge, soos tamaties, rissies, waatlemoene, spanspekke, komkommers, slaai en kool. "Die visie is om hierdie kwekery as 'n sentrum vir uitnemendheid te vestig wat Suid-Afrikaanse groenteboere sal bedien. Die kwekery by Mooketsi is slegs die eerste stap in hierdie rigting," het Van Zyl gesê.

Landbouweekblad, 17 Augustus 2007

0
 
 
  • 2275 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Uithou, aanhou vir perd en ruiter
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction