Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Slaan-witluise-s

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Slaan witluise s

 
Johan Coetsee

Witluise is een van die groot probleme vir wingerdboere en lei jaarliks tot groot verliese. Doeltreffende bestuur kan die impak van dié plaag egter dramaties verminder.

Die wingerdwitluis
(Planococcus ficus
) is een van die sleutelplae in Suid-Afrikaanse wingerde. Deeglike kennis van dié insek kan help om dit te bestuur en in toom te hou, sê mnr. Vaughn Walton, 'n navorser by die LNR Infruitec-Nietvoorbij op Stellenbosch.

Witluise skei 'n taai heuningdou af waarop die swam roetskimmel groei. Besmette trosse word gewoonlik deur wynkelders afgekeur, of die druiwe word in laer grade geplaas. As die besmetting ernstig is, verbruin en verwelk blare en val vroeg af.

Dit, en voedende witluise op stokke, veroorsaak dat plantvoedingstowwe verlore gaan en die stokke verswak. Hoë besmettings kan trosse uitdroog en onbemarkbaar maak. Sulke besmetting jaar ná jaar kan individuele stokke doodmaak. Die witluis is ook 'n vektor van die rolblaarvirus.

Met die omvattende bestryding van witluise word chemiese, biologiese en verbouingsmetodes almal saam gebruik.

Voordat nuwe wingerd gevestig word, moet die witluisbesmetting in die gebied bepaal word, veral as kultivars oorweeg word wat meer vatbaar vir besmetting is. As die gemiddelde temperatuur in dié gebied hoog is, is die kans op witluisprobleme groter. Gunstige omgewings, soos hellings wat noordson kry, kan besmetting bevorder.

'n Wingerd met gereelde witluisprobleme moet vroeg in die seisoen gemonitor word, want dan kan die probleem raakgesien en bekampingstrategieë toegepas word. 'n Vroeë aanduiding van witluise is die teenwoordigheid van miere.

Minstens 20 stokke - eweredig versprei in 'n blok van 1 ha - moet gemonitor word. Later in die seisoen is besmette stokke maklik sigbaar, want hulle is oortrek met heuningdou en swart roetskimmel, en miere kom volop voor. In die laat somer is vroeë blaarval en uitgedroogde trosse verdere simptome. In die winter is roetskimmel en soms miere op besmette stokke sigbaar.

In die seisoen, wanneer gesnoei word, stokke voorberei en geoes word, moet besmette stokke gemerk word. Die merk van stokke help met die akkurate en doeltreffende bestryding van witluise.

Mnr. Walton meen onkruid moet heel eerste (vroeg in die
seisoen) uitgeroei word. Onkruid op die bankies bied 'n opklimplek na die
stokke. Verskeie onkruidsoorte dien ook as gasheerplant vir 'n ander
witluissoort wat elders in die wêreld 'n vektor van die rolbladvirus is. Dit kom
voor op die wortels van gewone knapsekêrel, kakiebos, kiesieblaar,
kleinskraalhans (Conyza bonariensis), nastergal, stinkblaar, sydissel,
turknael (Eroduim moshantum), en withondebossie (Chenopodium
album

).

Goeie onkruidbestryding sluit ook die plant van dekgewasse in wat lank blom en nie 'n gasheer vir witluise is nie. Dié gewasse moet vroeg in die seisoen gevestig word om natuurlike vyande vroeg in die seisoen 'n voorsprong te gee.

Aangeplante dekgewasse hou ook ander voordele in. Dit bied alternatiewe voedsel en skuiling aan talle natuurlike vyande van die witluis. Dit help met onkruidbestryding en verhoog die grondgehalte.

Mierbestryding is onmoontlik as onkruid tot teen die wingerdstokke groei. Mierbestryding is egter 'n moet vir geïntegreerde witluisbestryding, want miere beskerm witluise teen natuurlike vyande. Ringbespuiting om die stam werk die beste. Dit is meer omgewingsvriendelik as chemiese behandeling.

Die doel is om miere van die stokke weg te hou, maar steeds op die grond toe te laat, want daar tree hulle op as predatore van kewer-, vrugtevlieg- en motlarwes en -papies op. Alpha sipermetrien EC is as stambehandeling teen miere geregistreer.

Lesers met navrae kan met mnr. Walton in verbinding tree by
tel. 021 809 3167, of faks 021 809 3002, en sy e-posadres is vaughn
@infruitnietvoor.agric.za

size=2>Kultivarsensitiwiteit vir wingerdwitluis
size=2>Sensitief Minder
sensitief
Cabernet
sauvignon
Semillon
Cape Riesling Colombar
Chardonnay Hanepoot
Pinotage Chenin blanc
Shiraz Sauvignon
blanc
Merlot size=2>-

Chemiese bestryding die laaste uitweg


Chemiese bestryding moet die laaste uitweg wees, want geen insekmiddel is omgewingsvriendelik nie.

Mnr. Vaughn Walton sê omdat witluise kol-kol in wingerde voorkom, moet bestryding op dié kolle toegespits word omdat dit minder skade aan die omgewing sal aanrig.


Sekere middels word in die groeiseisoen en ander in die winter én groeiseisoen toegedien.

Bespuiting voordat nuwe groei begin, is net geregverdig as daar besmetting van meer as 5 % is. Die oorwinterende witluise word só daardeur verminder dat hul natuurlike vyande in die volgende seisoen die oorhand kry.

Besmette stokke moet gemerk word en 'n boer moet liefs net die gemerkte stok en die twee aan weerskante met handstange en 'n hoëdrukpomp bespuit. Newelspuite gee nie goeie bedekking nie.

Verskillende chemiese middels en toedieningsmetodes word gebruik. Dié lys is aktiewe bestanddele van organofosfate:

Chlorpyrifos EC (480 g/l) teen 200 ml/100 l water, twee keer 14 dae uit mekaar, voor bottyd. Chlorpyrifos onderdruk ook Argentynse en wipstertmiere.

Profenofos EC (500 g/l) teen 100 ml/100 l water, twee keer 14 dae uitmekaar, gespuit voor bottyd.

Protiofos EC (960 g/l) teen 50 ml/100 l - word eenmalig voor ogieswel aanbeveel.

In die groeiseisoen is middels met die volgende aktiewe bestanddele en toedieningsmetodes toelaatbaar, met inagneming van die voorskrifte vir gebruik:

Chlorpyrifos EC (480 g/l) teen 75 ml/100 l, vanaf 4 weke ná bottyd tot en met 28 dae voor oestyd.

Dichlorvos EC (1000 g/l) teen 75 ml/100 l tot en met 7 dae voor oestyd.

Dimethoate EC (400 g/l) teen 125 ml/100 l tot 28 dae voor oestyd.

Formothion EC (250 g/l, 330 g/l) teen 150 ml/100 l tot en met 10 dae voor oestyd.

Methidathion EC (420 g/l) teen 50 ml/100 l tot en met agt dae voor oestyd. Dié behandeling word as 'n eenmalige, laat korrektiewe behandeling voorgeskryf.

Mevinphos SL (500 g/l), van 37,5 ml/100 l tot 45 ml/100 l, tot en met sewe dae voor oestyd.

Ná-oesbespuitings is nie die antwoord nie, want natuurlike vyande wat meer vatbaar vir insekdoders as witluise is, is dan die volopste. 'n Bespuiting in dié stadium belemmer biologiese bestryding in die volgende seisoen. As stokke agteruitgaan en vroeë blaarval voorkom, kan net die besmette stokke bespuit word, meen hy.

Mnr. Walton sê as besluit word om die witluise met chemiese middels te bestry, kan sekere riglyne gevolg word om biologiese bestryding minder te ontwrig, soos om so min moontlik chemiese middels per seisoen toe te dien. In ou wingerde kan los bas om die hoofstam en nek verwyder word sodat insekmiddels beter kan indring.

Vir mier- en snuitkewerbestryding kan sintetiese piretroïed as stambespuitings pleks van grond- of volle dekbespuitings gebruik word. Met monitering en korrekte toediening is hoogstens twee stambespuitings per seisoen nodig.

Met snuitkewerbestryding moet volle dekbespuitings met sintetiese piretroïede (onthoudingsperiodes van 28 dae en langer) vermy word. Spat eerder giftige lokaas om vrugtevlieë te bekamp as om volle dekbespuiting te doen. Knopmyt moet net chemies bestry word as dit in snoeityd duidelik is dat dit nodig is, sê hy.

Daar is nou vyf projekte by die LNR Infruitec-Nietvoorbij aan die gang: Die grootmaatteling van die natuurlike vyande van witluise, geintegreerde bestryding in wingerde, biotoetse van gifstowwe op die natuurlike vyande van witluise, die vasstelling van lewenstabelle van witluise, en die bepaling van die ekonomiese drempelwaardes van witluise. Een van die oogmerke is om 'n witluisuitbreking tot 'n maand vooruit te voorspel. Die aantal witluismannetjies op feromoonvalletjies kan 'n aanduiding wees van 'n moontlik uitbreking.

Só word probeer om doeltreffende en omgewingsvriendelike bestrydingstrategieë te ontwikkel.

Biologiese bekamping


Die rol van natuurlike vyande by plaagbestryding sal in die toekoms al hoe groter word. Navorsing toon dat as geïntegreerde bestryding doeltreffend toegepas word, natuurlike vyande witluise suksesvol kan bekamp. Daarom is dit belangrik dat die natuurlike vyande uitgeken word voordat chemiese middels oorweeg word.

Die
belangrikste natuurlike vyand is parasitiese wespe wat 'n belangrike rol in die
meeste wingerde speel. Die parasitiese wespe wat die meeste voorkom, is
Anagyrus sp., Leptomastix dactylopii, en Coccidoxenoides
peregrinus

.

Hulle wis witluise uit deur eiers in die gasheer te lê. Die parasieteiers ontwikkel en broei in die liggaamsholte van die luis uit.

Coccidoxenoides peregrinus word
op groot skaal by Nietvoorbij geteel en in proefblokke losgelaat. Onlangse
resultate lyk belowend. C. peregrinus
kan dalk in die toekoms koöperatief vir witluisbestryding geteel word.

Predatoriese kewertjies soos Nephus quadrivittatus
en Nephus bineavatus
kom ook vroeg in die seisoen in wingerde voor. Hulle vreet witluise in verskillende stadiums.


Ontwikkeling van plaag

Witluise se tempo van
ontwikkeling word regstreeks deur die omgewingstemperatuur bepaal. Eiers word
in eiersakke gelê wat uit 'n massa wasdrade bestaan en kruipers broei ná sewe
tot tien dae by 'n gemiddelde temperatuur van 25 °C uit.

Die kruipers vervel en word larwes (nimfe), wat tot volwasse wyfies en mannetjies ontwikkel. Mannetjies en wyfies paar en daarna ontwikkel die eiersak. 'n Wyfie kan tot 750 eiers op 'n keer lê. Wyfies rig die skade aan en is meer sigbaar as mannetjies, wat net een tot drie dae leef. Witluise onttrek voedingstowwe uit die plant. Heuningdou word afgeskei tydens die tydperk waarin witluise op die plant leef.

In die somer kan witluise hul lewensiklus binne drie tot vier weke voltooi, wat beteken dat witluisbevolkings vinnig kan vermeerder wanneer toestande gunstig is.

In die winter skuil witluise onder los bas en in krakies van wingerdstokke. Hulle kan op wingerdwortels oorwinter en eiers lê, maar die laer temperatuur maak die lewensiklus stadiger.

Sodra temperature in die lente en somer styg, kom die kruipers na die nuwe groei omdat die voedingstofkonsentrasie daar hoër is. Hulle bly op die nuwe blaar- en lootgroei, waar hulle ontwikkel, paar en vermeerder.

In
Januarie en Februarie bereik getalle 'n hoogtepunt, wanneer die witluise na
druiwetrosse beweeg omdat daar meer kos is. Hulle voed op die tros- en
korrelstingels. Aan die einde van die somer en herfs beweeg voedingstowwe uit
die blare en stingels na die wortels en die luise trek na onder.

9 Augustus 2002

3
 
 
  • 2535 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Oestersampioene in die Vrystaat
  • Renperde: Rekords spat op veiling
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction