Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Staking-werkers-verloor-miljoene

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Staking: Werkers verloor miljoene

 
Deur ALANI JANEKE
Vrugtepakkers. Foto: LBW
Vrugtepakkers. Foto: LBW

Seisoenale werkers in die landbou het weens die Transnet-staking sowat R30 miljoen per week aan inkomste verloor, sê Agri SA.

Mnr. Johannes Möller, die voorsitter van Agri SA, sê die 18 dae lange staking het kommersiële boere tot dusver meer as R800 miljoen gekos.

“Dit is die koste van uitvoerprodukte wat by hawens en so aan, bly staan het. Ons weet nog nie wat die koste is van byvoorbeeld vrugte wat aan bome moes bly en gevolglik gevrot het aangesien boere se pakstore vol was nie.” Möller meen dié staking kan die landbou uiteindelik meer as R1 miljard kos.

Invloed op werksgeleenthede
Möller sê hy weet nog nie hoeveel werkgeleenthede in die landbou verlore gegaan het weens die staking nie, maar hy weet dat tydelike werkers die afgelope drie weke baie swaar gekry het omdat hulle byvoorbeeld nie vrugte kon pluk en verpak nie, en gevolglik nie lone kon verdien nie. “Die landbou was verlede jaar juis een van die enigste sektore wat werk geskep het.”

Hy meen die staking gaan, weens die invloed wat dit op die landbou het, langtermyn gevolge vir die ekonomie inhou. “Veral aangesien 35% van die ekonomie met ‘n primêre sektor, soos die landbou, skakel”.

Moontlike hulp aan boere
Möller verwag dat besprekings oor hoe om boere te help om moontlik dié verlore inkomste van iewers af te verhaal, binne twee of drie weke sal begin. “Baie van die verliese het nog nie begin realiseer nie, en hierdie tipe besprekings kan eers begin sodra ‘n bepaalde bedrag daaraan gekoppel kan word.”

Volgens Möller moet strenger wetgewing oor stakings in plek wees om die primêre sektore teen sulke astronomiese verliese te beskerm. “Strenger wette moet ingestel word, veral soos hier waar ‘n staatsbeheerde monopolie ter sprake is waar stakende werkers dinge kan lamlê. En die klassifikasie van broodnodige dienste, waarvoor strenger wetgewing ten opsigte van stakings geld, moet ook nagegaan word.”

28 Mei 2010

0
 
 
  • 2211 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Cornelia Pepler 
28 Jul 2010 16:32

As ek moet staak, sal ek my werk verloor. Dit is hoe dit hoort. Daar is baie mense wat nie werk het nie wat die poste kan vul.

  • antwoord
mkruger
31 Mei 2010 10:46

My mening is dat die wet jou moet toelaat om 'n staking uit te roep as jou werkgewer onbillik optree.

Maar om 'n werker toe te laat om te staak omdat hy nie gelukkig is met sy salaris nie, is niks anders as wettige afpersing nie.

As jy nie gelukkig is met jou salaris nie, kry vir jou 'n werk waar jy gelukkig is maar moenie jou werkgewer "afpers" om jou meer te betaal nie. Veral nie as hy reeds meer betaal as wat die minimum loon vereis nie.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nekklamp vir beeste
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction