Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Vrugte-bied-bittersoet-kanse

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vrugte bied bittersoet kanse

 
JOHAN COETSEE

Hoewel die uitstekende geleenthede en uitdagings in die sagtevrugte- en sitrusbedryf aangegryp moet word, is daar ook heelwat bedreigings waarop boere ag behoort te slaan, waarsku 'n sagtevrugteboer en -konsultant.

Die sagtevrugte- en sitrusbedryf gaan, net soos die meeste ander landboubedrywe, deur diep water. Die sterk rand en toenemende mededinging uit ander lande in die Suidelike Halfrond bemoeilik uitvoer. Daar is egter hoop, sê mnr. Peter Dall, 'n boer van Villiersdorp, vrugtekonsultant en gewese voorsitter van die Sagtevrugte-produsentetrust (SPT).

Daar is bedreigings, maar ook heelwat geleenthede in dié bedrywe. Hy sê die bedreigings is die volgende:

  • Internasionale supermarkte se koopkrag is ongelooflik sterk. Die appelmark in Brittanje alleen beloop meer as R3 623 miljoen (?320 miljoen) per jaar en 70 % van alle appels wat daar verkoop word, word deur supermarkte verkoop. Uit elke pond wat in 'n kleinhandelsaak in Brittanje bestee word, word 10 pennies byvoorbeeld by die supermarkgroep Tesco bestee. Daar is nou minder vrugtekopers as 'n klompie jare gelede, maar hulle het meer koopkrag. Die vyf grootste appelkopers in Brittanje koop meer as 60 % van alle appels aan.
  • Uitvoerders se krag is oral aan die verbrokkel. In 1997 het Suid-Afrika een vrugte-uitvoerder gehad. Vandag is daar 137. Ook Nieu-Seeland se enkele uitvoerder het tot 80 aangegroei, Chili het meer as 200, en Brasilië, Argentinië en Uruguay gesamentlik 80. Saam is daar bykans 500 sagtevrugte-uitvoerders in die Suidelike Halfrond. Min samewerking bestaan onderling - in teenstelling met die situasie onder kopers.
  • Die stygende vragkoste baar kommer. Dit sal na raming in 2006 met tot 20 % styg weens stygende oliepryse en 'n tekort aan ruimte op skepe met koelkamers weens skeepsgroepe wat saamsmelt.
  • Die sterk rand knel die bedryf al 'n geruime tyd en daar is geen vooruitsigte dat dié geldeenheid op kort termyn gaan verswak nie. Ook die Europese en Amerikaanse ekonomieë trek swaar en min verligting kan uit daardie oorde te wagte wees.
  • Vigs raak die vrugtebedryf regstreeks. Meer as 5,6 miljoen mense in Suid-Afrika is MIV-positief, wat laer produktiwiteit en groter afwesigheid van die werk beteken. Die koste aan werkverliese en opgeleide werkers is onberekenbaar.

    9 Desember 2005

  • 0
     
     
    • 1472 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    • verpakking soos bokse en sakke
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
    • Revolusie in landbou is hier - Tina

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • 'Eenvormige rampbeleid nodig'
    • Stel jy daarin belang om boomlusern te plant?
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction