Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Ander / Vrugtebedryf-vol-slaggate

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vrugtebedryf vol slaggate

 
STUART SYMINGTON

Die vrugtebedryf is ingewikkeld en onderhewig aan baie veranderlikes. Selfs die mees ervare betrokkenes kan sekere sake verkeerd beoordeel of oor die hoof sien. Veranderlikes is dikwels ook slaggate.

Die kragte wat op vrugteverkope in die buiteland inwerk, is uiteenlopend en ingewikkeld. Pogings van plaaslike uitvoerders en produsente, hoe eendragtig ook al, het geen invloed op die globale markkragte nie of min. As net een van baie voorsieners van vrugte wêreldwyd moet Suid-Afrika realisties wees oor hoe ver sy invloed strek.

Die volgende markkragte het 'n uitwerking op
vrugteverkope in die buiteland en op die inkomste van plaaslike produsente, maar
daar is ook ander:



  • 'n Wêreldwye ooraanbod van vrugte. Dié algemeen aanvaarde feit het 'n
    invloed op vraag-en-aanbodpatrone en die oorheersende posisie waarin
    supermarkte hulle bevind. Solank plaaslike boere aanhou om vrugtebome te plant
    (dit is begryplik hoekom hulle dit doen) sal boere se gemiddelde inkomste in
    die voorsienbare toekoms onder druk verkeer.

  • Die vertoning van die rand is die faktor wat die opbrengs uit vars
    produkte die meeste beïnvloed. Die verstewiging van die rand het die inkomste
    van sowel produsente as uitvoerders ernstig geknou, en baie buitelandse valuta
    het vir die land verlore gegaan. As die rand sy posisie onbepaald volhou, sal
    die vrugte-uitvoerbedryf sy verwagtings ten opsigte van toekomstige opbrengs
    (en moontlik van die bedryf in geheel) in heroënskou moet neem.

  • Markte wat tradisioneel deur Suid-Afrika voorsien is, word nou oorlaai met
    produkte uit lande wat nuut op die uitvoertoneel is. So voer Brittanje en
    Europa deesdae druiwe van Argentinië, Brasilië en Peru in. En hoe meer
    mededinging daar is, hoe minder kry die boer vir sy produk.

  • Weersomstandighede het 'n groot invloed op die gehalte en die hoeveelheid
    van 'n produk wat na die markte gaan.

  • Die ekonomiese toestand van lande wat produkte invoer, het 'n groot impak
    op die inkomste van produsente en uitvoerders. Dit is beter om die prys te
    verlaag en die vrugte verkoop te kry as om met 'n bederfbare produk te sit wat
    teen groot koste weggegooi moet word.

Die uiteenlopende vertoning van die geld-eenhede van mededingers in die Suidelike Halfrond het 'n ewe groot invloed op inkomste. As hul geldeenhede verswak teenoor die euro, dollar en pond van die vernaamste invoerlande, word hul produkte goedkoper as die Suid-Afrikaanse produk op dieselfde mark. Daarby is dit moontlik dat mededingers voorkeurtariewe op sekere markte geniet en Suid-Afrika nie. Geldelike hulp deur die regerings aan boere in mededingende lande beïnvloed Suid-Afrikaanse verkope. Chili het in 2002 sowat $3 miljoen bestee om hul druiwe in Noord-Amerika te bemark. 'n Groot deel daarvan het waarskynlik van die Chileense regering gekom en net die besteding aan hierdie een bemarkingsveldtog is waarskynlik tien maal soveel as wat in die loop van 'n hele jaar aan 'n generiese Suid-Afrikaanse bemarkingsveldtog wêreldwyd bestee sal word. Australië, anders as Suid-Afrika, het 'n sterk plaaslike mark en vrugte wat vir uitvoer bestem is, word dikwels vir daardie mark onderskep.

Bemarkingsforums, byvoorbeeld die Sitrusbemarkingsforum en die Gesamentlike Druiweforum, is tot stand gebring om vrugte-uitvoer te bestuur. Baie rolspelers neem aktief deel aan die forums. Tog is daar klein produsente-uitvoerders en agente wat onafhanklik optree en onherstelbare skade op die markte aanrig. Hulle is gewoonlik oningelig oor toestande op afgeleë markte en word uiteindelik vasgevang in nie-winsgewende situasies. Nuwelinge op dié gebied skaad só die gesamentlike pogings van ander, veral wat markpryse betref. Hulle sal 'n nadelige invloed op die bedryf se inkomste hê totdat die bedryf in staat is om homself effektief te bestuur.

Wêreldgebeure soos die aanval in Amerika op 11 September 2001, die 1997-krisis in Suid-oos Asië en die oorlog in Irak vanjaar kan 'n diepgaande invloed op varsvrugteverkope hê. Geen beplanning kan keer dat sulke kragte hulle tol eis nie. Ander kwessies, soos die instelling van die euro, malbeessiekte, die toetrede van China tot die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) en die opkoms van geneties gemodifiseerde organismes (GMO's), het almal tot ongunstige persepsies oor die verkoopspotensiaal van vars produkte op markte gelei. As 'n persepsie te lank aanhou, kan dit die werklikheid word.

Streng nuwe protokols en prosedures word voortdurend ingebring, wat mededinging moeiliker maak. Eurepgap en opspoorbaarheid veroorsaak dat produsente en uitvoerders van hul inkomste prysgee ter wille van `nakoming'. Soms word sulke nuwe maatreëls net as 'versperrings' gesien om handel te bemoeilik. Invoerders tree soms oneties op en bestel te veel vrugte, misreken hulle en beland in finansiële moeilikheid. Die invoerder soek dan iemand vir wie hy kan blameer - soms deur dit as 'n "vruggehalte-probleem" aan die kant van die leweransier te bestempel. Die bedryf moet teenmaatreëls ontwikkel wat sal voorkom dat Suid-Afrikaanse uitvoerders deur onetiese invoerders uitgebuit word. Onetiese optrede is nie tot oorsese invoerders beperk nie. Sekere plaaslike produsente en uitvoerders maak hulle ook daaraan skuldig, wat 'n slegte nadraai het vir die land se inkomste. Enige prosedure deur bedryfsverenigings wat sulke gedrag aan die kaak kan stel, verdien al die steun wat dit kan kry.

Gehalte is 'n permanente uitdaging. Gehaltevereistes wissel van land tot land, van supermark tot supermark, en van een koper en verbruiker tot 'n ander. Wat vanjaar aanvaarbaar is, kan volgende jaar nie meer aanvaarbaar wees nie. Gehaltestandaarde word jaarliks strenger.

Dit kan gebeur dat leweransiers hoog en droog sit weens veranderende gehaltedoelwitte van kopers wat al hoe kieskeuriger raak. Diegene wat kritiseer, besef selde hoe ingewikkeld 'n situasie is. Die Varsprodukte-uitvoerdersforum (VPUF) en sy lede is egter vasbeslote om mense in te lig wat graag beter wil verstaan. Die dinamiese varsvrugte-uitvoer-arena verdien die respek waarmee dit bejeën word.

Mnr. Stuart Symington is hoofbestuurder van die
Varsprodukte-uitvoerdersforum. Sy e-pos adres is symo@iafrica.com.

1 Augustus 2003

0
 
 
  • 1913 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Ier lei John Deere SA
  • Impakstudies gaan boere raak
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction