Makadamia-oes baie groter

 
Makadamianeute. Foto: LANDBOUWEEKBLAD
Makadamianeute. Foto: LANDBOUWEEKBLAD

’n Makadamianeut-oes van 29 500 ton neut-in-dop sal na verwagting dié seisoen geoes word, sê mnr. Derek Donkin, algemene bestuurder van Subtrop, die oorkoepelende kwekersvereniging vir die avokado-, lietsjie-, mango- en makadamiabedryf.

Volgens Donkin kom dié inligting uit ’n bedryfsoesskatting wat die Suid-Afrikaanse Makadamiakwekersvereniging (SAMKV) se verwerkersforum oor die jongste seisoen gedoen het. Volgens ’n beraming sal 25 000 ton gekraak word, terwyl die res (5 000 ton) as neut-in-dop bemark sal word.

Die totale oes is ’n beduidende toename teenoor verlede jaar se oes wat 26 500 ton neut-in-dop (nat) opgelewer het. Gunstige weer, nuwe boorde wat in produksie kom en die toepassing van beter boordpraktyke, soos geïntegreerde plaagbestryding, het ’n rol gespeel in die gunstige vooruitsigte vir 2010.

19 Julie 2010
 

5
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.