|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 12:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die goedheid van olywe en wyn word Saterdag (14 Mei) tydens die jaarlikse Nuyvallei-fees gevier. Luidens ’n verklaring sien die gemeenskap daarna uit om die rykdom van dié mooi vallei asook die verskeie bekroonde wyne, olywe en olyfolies waarvoor dit bekend is, saam met besoekers te geniet.
Die herfsmakietie word op die R60-roete tussen Worcester en Robertson in dié intieme vallei aangebied.
Aktiwiteite
Fietsry-liefhebbers kan uitsien na die Willow Creek/Computer Mania-bergfietsuitdaging waartydens hulle die 10 km-, 30 km- of 60 km-roete tussen die skilderagtige wingerde en olyfboorde kan aflê. Pryse ter waarde van R100 000 kan gewen word.
Nog ’n hoogtepunt is die vyfgang Griekse aandete met plaaslike wyne wat saam met elke gereg bedien sal word. Die ete word by die landgoed Willow Creek se Bistro aangebied.
Die landgoed verskaf ook verskillende aktiwiteite aan besoekers, waaronder ’n kans om jou eie olywe teen R20 per kilogram te oes. Dié kan jy self tuis inmaak. Hul bekoornde olyfprodukte sal ook beskikbaar wees.
Vir meer inligting oor die fees, besoek die webtuiste www.nuyvalleyfeast.co.za.
13 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Klink lekker !
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)