Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Olywe / Olyfbedryf-opgewonde-oor-2012

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Olyfbedryf opgewonde oor 2012

 
Deur ALANI JANEKE
Plaaslike olyfboere kan binnekort hulp van die regering kry deur middel van wetgewing.
Plaaslike olyfboere kan binnekort hulp van die regering kry deur middel van wetgewing.

Die olyfbedryf is opgewonde oor 2012 met wetgewing wat plaaslike boere teen valse invoer gaan beskerm.

Mnr. Andries Rabie, voorsitter, het dié aankondiging op die Suid-Afrikaanse Olyfbedryfsvereniging (SAOIA) se jaarvergadering gedoen.

Hy sê verskeie toetse is in Desember 2010 gedoen, wat bevind het dat sowat 60% van die olyfolies wat ingevoer word, nié aan suiwer olyfoliestandaarde voldoen nie. Die SAIOA-raad het op verskeie geleenthede met die Departement van Handel en Nywerheid vergader om die bedryf se probleme te bespreek.

SA standaard

“Die departement het aangedui dat die olyfbedryf deur die Regering geïdentifiseer is as ’n bedryf met groot potensiaal en hoë groeiverwagtinge, wat plaaslike werksgeleenthede kan help skep en die land se groeikoers kan verhoog,” aldus Rabie.

Die departement het opgemerk dat daar tans nie ’n plaaslike standaard is wat eerlike boere teen misleidende ingevoerde produkte kan beskerm nie.

Die SAOIA-raad het sterk bande met die Australiese Olyfvereniging en omdat dié twee lande soortgelyke uitdagings op verskeie vlakke ervaar, het die raad besluit om dié vereniging se nuwe standaard as Suid-Afrika s’n te aanvaar. Dié standaarde is gegrond op nuwe tegnologie wat gebruik kan word om vas te stel of olyfolies op die mark werklik suiwer is.

Die standaard is aan die departement voorgelê, wat aan die Suid-Afrikaanse Buro vir Standaarde opdrag gegee het om ’n olyfoliekomitee te stig. Dié komitee sal oor die verskeie elemente van die standaard debatteer en wanneer die standaard aanvaar word, sal dit later as wet ingestel word.

Statutêre maatreëls
Die raad het om statutêre maatreëls aansoek gedoen. Die Nasionale Landboubemarkingsraad het die aansoek aanvaar. Sodra die heffing goedgekeur is, sal die raad geld vir generiese bemarking beskikbaar hê.

Dié heffing sal na verwagting van 1 Junie vanjaar af van krag wees. “Die Olyfolie-forum is ook besig om ’n spesiale subkomitee te vorm waarin invoerders, handelaars en boere verteenwoodig sal word en wat die geld wat ingesamel word, sal bestuur,” aldus Rabie. 

Groei
Rabie sê die Suid-Afrikaanse produksie het die afgelope drie jaar verdubbel, en die goeie oes wat vanjaar verwag word, kan produksie weer met 20% laat styg.

“Die olyfplantasies wat die afgelope 10 jaar aangeplant is, kan dié jaar ten volle produseer, en boere is opgewonde oor die vooruitsigte van dié boorde,” vertel Rabie. Kleinhandelverkope het die afgelope jaar met sowat 25% gegroei.

Die vraag na tafelolywe het ook gestyg, hoewel ’n groot deel van die olywe tans ingevoer word.

20 Januarie 2012

0
 
 
  • 562 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

christel marx 
07 Apr 2012 10:16

kan enige iemand my asb n resep gee hoe om olywe in te maak

  • antwoord
Nellis Nel 
30 Jan 2012 11:24

Ek het groot waardering vir die SAOIA se werk om kwaliteit kontrole te doen op olyfolie. Dit is onregverdig dat ons plaaslike produsente se olie langs die swak en onsuiwer goedkoop olie van oorsee moet staan op die winkel rakke.Die gemiddelde huisvrou word mislei deur die goedkoper olie te koop, wat dan hoofsaaklik swak olie is en boonop nog gesubsidieer is deur die Europese unie.Suid Afrika se winkelrakke het n stortings terrein geword vir swak oortollige Europese olie. Goeie olyf olie het, net soos wyn, sy eie goeie karakter soos geur en verskillende smake wat geproe kan word, en verbruikers moet let daarop. Ek het al self van die goedkoop ingevoerde olie gekoop om te toets en met alle respek, ek bak nie eens n eier in dit nie, totaal karakterloos. Voorspoed aan al die Suid Afrikaanse olyf produsente met hul puik produk.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Toulouse en omgewing (4)
  • Lensiesop met beesvleis
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction