Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Olywe / Olyfbedryf-se-top-presteerders

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Olyfbedryf se top-presteerders

 
Deur JAN BEZUIDENHOUT
Olywe. Foto: SA OLIVE
Olywe. Foto: SA OLIVE

‘n Tiental ekstrasuiwer olyfolies is as Suid-Afrika se uitblinkers van die huidige oesjaar aangewys. Die uitslae van die 2009 SA Olyftoekennings is deur SA Olive, die beheerliggaam van dié bedryf, en Consol, die borg van die kompetisie, bekendgemaak.

Sake is vanjaar in kommersiële en boetiekklasse uitgespook. Uit die totale aantal inskrywings, wat met 53% sedert 2008 toegeneem het, is altesaam 10 goud, 9 silwer en 10 brons medaljes vanjaar toegeken.

In die kommersiële klas is die die vier top-presteerders met een goud toekenning elk op hul kerfstok: Kloovenburg Cold Extracted Extra Virgin Olive Oil (Kloovenburg Olives), Morgenster Cold Extracted Extra Virgin Olive Oil (Morgenster), Olyfberg Extra Virgin Olive Oil Cold Pressed (Olyfberg) en Rio Largo Extra Virgin Olive Oil Cold Extracted (Rio Largo Farming).

Die boetiek-klas spog met ‘n halfdosyn goue toekennings. Die presteerders in dié klas is: Green & Gold Extra Virgin Olive Oil (Diepsak Farm); The Lady Olive - Olive Oil (The Lady Olive); Saint Sebastian Bay Extra Virgin Olive Oil (The Greenleaf Olive Co); Muiskraal Extra Virgin Olive Oil Cold Pressed (Muiskraal); Olyven Houdt Extra Virgin Olive Oil (Olyven Houdt Farm) en Waterfall River Organic Extra Virgin Olive Oil Cold Extracted (Waterfall River) met een goud toekenning elk.

Inskrywings is blind deur die amptelike SA Olive-proepaneel volgens vooraf-neergeledge kriteria ten opsigte van styl - delikaat, medium en intens - beoordeel. Die paneel, gelei deur bedryfskenner Gerrie Duvenage, het bestaan uit vier produsente en drie nie-produsente. Goud, silwer en brons medaljes word op ‘n konsensus basis toegeken aan olies wat ‘n voorafbepaalde puntetelling behaal. “Dit is ‘n model wat ons aan die wynbedryf ontleen het, waar dit met groot welslae toegepas word,” sê SA Olive se voorsitter, mnr. Andries Rabie.

Volgens Rabie sal vanjaar se beoordeling standaarde in die bedryf herskryf, aangesien slegs kenners uit die bedryf met ‘n erkende proe-kwalifikasie wat boonop aktief op proepanele dien, kwalifiseer om inskrywings vir dié gesaghebbende kompetisie te beoordeel.

Me. Annalene du Toit van Kloovenburg Langoed is aangewys as die 2009 ABSA Olyfpresteerder van die Jaar vir haar besonderse passie vir en bydrae tot die groei van die bedryf. Annalene, ‘n gedrewe entrepreneur en gekwalifiseerde olyfolie proepaneelleier, is onlangs aangewys as die Sanlam/Landbouweekblad se Vroue-rntrepreneur vir 2008/’09.

Sedert 2000 het sy haar besigheid sodanig uitgebrei dat sy vandag met meer as 40 olyfproduklyne spog, ‘n hele aantal toekennings hiervoor ontvang het en selfs ‘n kosmetiese produkreeks ontwikkel het met olyfolie as basis. Hierdie produkte word na Nederland, Duitsland en Mauritius uitgevoer. Sy het ook ‘n belangrike bydrae gelewer in die vestiging van die Riebeek Vallei as gewilde olyfbestemming.

Dié trofee word elke jaar toegeken aan ‘n kandidaat van enige segment van die bedryf, insluitend olyfprodusente, -kwekerye, tafelolyf- en olyfverwerkers of enige verwante produk of aktiwiteit, wat ‘n beduidende bydrae gelewer het tot die ontwikkeling en groei van die plaaslike olyfbedryf.

Kontak Andries Rabie by SA Olive, tel 082 571 8217 of besoek www.saolive.co.za vir volledige uitslae en/of verdere besonderhede.

17 September 2009

4
 
 
  • 2700 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • SMS-diens
  • Konsepsie van ooie in die winter
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction