Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Ander-tuinbou / Olywe / Suid-afrikaanse-olyfolie-tops

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Suid-Afrikaanse olyfolie is tops

 
Suid-Afrikaanse olyfolies is uit die boonste rakke.
Suid-Afrikaanse olyfolies is uit die boonste rakke.

Suid-Afrikaanse olies is uit die boonste rakke as dit kom by gehalte, waarde vir geld en eerlike etikettering.

Dit is bevind in ’n studie van SA Olive waarin verskeie plaaslike én internasionale olyfolies wat in Suid-Afrika beskikbaar is, ondersoek is.

Suiwerheid

Die doel van dié navorsing was om die gehalte van plaaslike sowel as ingevoerde ekstra suiwer olyfolies te bepaal.

“Die groot motivering vir hierdie studie was om die Suid-Afrikaanse verbruiker op die hoogte te bring van die werklike gehalte van beskikbare olyfolies,” verduidelik mnr. Leonard Arangies, bestuurder van die SAO, in ’n verklaring.

“Die waarheid is dat nie alle olies wat byvoorbeeld as ekstra suiwer geëtiketteer is, wel ekstra suiwer is nie. Veral van die ingevoerde olies wat getoets is, het skokkende afwykings getoon,” sê Leonard.

Getoets
’n Ewekansige monster is van die beskikbare olyfolies geneem en in ’n geakkrediteerde internasionale laboratorium volgens die International Olive Council (IOC) se spesifikasies getoets. 

Sewe Suid-Afrikaanse en 23 ingevoerde olies is aan die studie onderwerp. Slegs 23% van die monsters wat getoets is, was Suid-Afrikaans aangesien sowat 80% van plaaslik beskikbare olyfolies ingevoer word. 

Die resultate dui aan dat ingevoerde olies persentasiegewys van ’n swakker gehalte as hul Suid-Afrikaanse eweknieë is. Geen van die plaaslike olies wat getoets is, het enige aanduiding getoon dat daarmee gepeuter is nie, terwyl 26% van die ingevoerde olies misleidend as ekstra suiwer gebottel is.

Net 22% van ingevoerde olies het die toets as ekstra suiwer olyfolie geslaag, terwyl 71% van die Suid-Afrikaanse olies hierdie status verdien.

Billike pryse

“’n Verdere interessante waarneming wat na vore gekom het, is die kwessie van prys,” sê Arangies. “Die Suid-Afrikaanse verbruiker het dikwels die indruk dat plaaslike olyfolies van gehalte te duur is om te koop.

"Die studie het egter getoon die gemiddelde prys van alle olyfolies wat getoets is, beloop R62,68 vir 500 ml, terwyl die gemiddelde prys vir dié wat werklik as ekstra suiwer geklassifiseer mag word, R65,19 vir dieselfde volume kos – ’n klein verskil vir van die beste olyfolies ter wêreld.”

Verbruikers moet uitkyk vir die simbool Member of SA Olive Commitment to Compliance Scheme (CTC). Produkte wat hierdie simbool van geloofwaardigheid dra, bevestig daarmee dat die inhoud 100% plaaslik vervaardig is volgens die SA Olive Gedrags- en Praktykkode gegrond op internasionele standaarde en dat dit korrek geëtiketteer is.

26 Julie 2011

0
 
 
  • 1387 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Afronding van lammers
  • Lam-drinkbak
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction