Die verbouing van turksvye, die verwerking en benutting daarvan as veevoer, die gebruike deur die mens en biotegnologiese moontlikhede is van die onderwerpe op ’n inligtingsdag wat by die Universiteit van die Vrystaat gehou gaan word.
Die boeredag word op 27 Augustus in die UV se CR Swart-ouditorium gehou. Prof. H.O. de Waal van die UV sê na aanleiding van die navorsing in die Vrystaat het die behoefte ontstaan om tersaaklike inligting meer formeel aan voornemende produsente beskikbaar te stel.
Volgens hom noodsaak aansprake op skaars waterbronne vir menslike gebruik in Suider-Afrika die ontwikkeling van alternatiewe veevoerbronne. Daar word spesifiek gesoek na gewasse wat doeltreffende verbruikers van water is.
Lees ook:
Volgens hom is die doringlose turksvye (Opuntia ficus-indica) ’n belangrike bron van hernubare plantproduksie deur middel van fotosintese. Dit lewer groot opbrengste per eenheidsoppervlakte − tot 30 000 kg vars vrugte/ha.
Die plante word jaarliks gesnoei om vruggehalte te verbeter en lewer daardeur sowat 100 000 kg vars turksvyblaaie/ha. Indien die oogmerk is om die eerder die plante as veevoer te benut, kan turksvye met min moeite sowat 400 000 kg vars blaaie/ha produseer.
17 Augustus 2010
Kommentaar
indien iemand plantmateriaal op kleinskaal benodig kontak my by 0847006306. johan
My vriend bly 93 kilometer oos van Grootfontein Namibia Hy wil graag turksvye plant vir bemarking sowel as voer vir wild Watter soort sal beste aard en waar kry hy blaaie
Dankie
Ons is woonagtig in die Noord Vrystaat - Welkom-omgewing. Ons turksvye het net begin vrek en lyk of hulle vrot. Daar is wel Kotcheniel teenwoordig maar dit is gering. Was dit die koue of kan dit 'n siekte wees?
@Hannes
Stuur asb vir my `n e-pos na cornelia.vdmerwe@landbou.com met jou versoek, dan kyk ek graag of ek jou kan help.
Groete
Corli van der Merwe
Webredakteur
Wil graag meer weet oor gewasse vir hoëveld en Springbokvlakte-omgewing vir vrugtelewering?
Ek is n voornemende boer wat graag meer wil weet van gewasse vir die hoëveld en Springbokvlakte-omgewing vir vrug en voerlewering? Maar meer vir vrugproduksie!
EK HET WIT DORINGLOSE PLANTMATERIAAL BESKIKBAAR.
NOORD VRYSTAAT.
LAURENS 0729900611
EK HET BAIE PLANTMATERIAAL
MORADO, ZASTRON EN SKINNERS COURT. WIT EET VARIETEITE WAT OOK GOEIE BLADPRODUKSIE LEWER VIR DIERE KOS.
LAURENS 0729900611
ASB,WAT MAAK COCHENILLE DOOD
Ek is op soek na 'n gifstof wat Cocheneil op turksvye beheer.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)