Deur ALANI JANEKE
24 Augustus 2012

1503 keer gelees | 1 kommentaar

Die Smous-projek wat Aartappel Suid-Afrika (ASA) aangepak het, het tot dusver baie goeie verkope gehad.


Sedert Aartappel Suid-Afrika (ASA) se Smous-projek in 2010 aangepak het, het 51 nuwe smouse begin om aartappels in hul stalletjies by, byvoorbeeld, taxi-staanplekke te verkoop. Altesame 23 taxi-staanplekke of punte waar mense daagliks bymekaar kom om van openbare vervoer gebruik te maak, is in die projek uitgesonder.
 
Mnr. Brendan Powell, direkteur van Isilumko Media, sê ’n kompetisie vir smouse is begin dat as sy of haar stalletjie geïdentifiseer word as een wat aartappels verkoop, dit vir verbetering gekies kan word.
 
“Tans het ons 163 smouse wat op 23 van die land se besigste plekke aartappels verkoop aan mense wat openbare vervoer gebruik,” vertel Powell.
 
Toename                                                              
Die projek is aangepak nadat dit duidelik geword het dat ’n groot deel van Suid-Afrika se aartappels deur informele handelaars verkoop word. Die land het tans sowat 750 000 informele handelaars wat Spaza-winkels, stalletjies of sjebiens bedryf.
 
Sowat 33% van alle tafelaartappels in Suid-Afrika word op varsproduktemarkte verkoop, terwyl 50% deur informele handelaars verkoop word.
 
Powell sê 57% van Suid-Afrikaners gebruik daagliks ’n vorm van openbare vervoer, en hulle moet seker maak dat aartappels geredelik op dié plekke beskikbaar is. Die projek het sowat 600 000 mense al bereik om  hulle oor die voedingswaarde van die gewas in te lig.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


David Kganyego

2012/12/18 02:22:40 PM

ek wil net graag vra vir borg van aartappels saad.ons plaas Kaalspruit Trust hier in Bloemfontein gaan die borg waardeur. Ons wil die plaas ontwikkel maar ons het nie genoeg fonds nie. Ons gaan die hulp waardeur baie dankie.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights