Deur LUCILLE BOTHA
24 Julie 2012

1143 keer gelees | 2 kommentaar

In die vrugtebedryf word die sitrusuitvoerprogram na Amerika as baie taai beskou. SA boere het die mark getem.


Amerika se fitosanitêre mark word as die strengste ter wêreld beskou. Dié land stuur byvoorbeeld sy eie inspekteurs na betrokke uitvoerlande om seker te maak hul vrugte is vry van valskodlingmot, vrugtevlieg en ander saamryers.

’n Saamstaanpoging soos min onder Suid-Afrikaanse boere om hul produk na dié land uit te voer, lewer egter dividende op. Die Wes-Kaapse Sitrusprodusenteforum (WK SPF) is sprekend van die voordele wat samewerking vir boere inhou. 

Die forum se uitvoerprogram groei met tot 15% per jaar en regstreekse bestellings van supermarkreuse, soos WalMart en Costco,  neem toe. Die vierde van twaalf skepe met lemoene en sagte-sitrus wat vir die veeleisende Amerikaanse mark bestem is, is  onlangs op die Kaapstadse hawe gelaai.

350 boere
Die forum bestaan uit sowat 350 sitrusboere uit die Wes- en Noord-Kaap. Hulle doen saam hul verpakking, ver­skeping, verspreiding en bemarking van die lemoene (Nawels en Midknights) en sagte-sitrus (Clementines) vir Amerika.

Aangesien hulle in gebiede boer wat redelik plaag- en siektevry is, is hulle die enigstes wat toegelaat word om na Amerika uit te voer.

Die program is in sy 13de bestaansjaar en die produsente bevrag hul eie skepe (daar is nie gereeld skepe Amerika toe nie). Die ver­skeping kos die produsente by die R90 miljoen per jaar, maar dit word as een van die belangrikste pilare in die sukses van die program beskou. Altesame 85% van die totale tonnemaat word verskeep.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


GW RAAD

2012/07/25 07:52:08 AM

sien julleself bewys dat julle nie subsidies, regering of regeringsbeleid nodig het om sukses te bereik nie. moet nou nie stop nie soek nuwe markte! stuur asseblief julle plan vir die MPO.


potkos

2012/07/28 01:47:06 PM

Moet tog net nie dat die nasionale regering die innisiatief wil oorneem nie petterson is bekend daarvoor om als op te neuk

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights