28 Junie 2012

1011 keer gelees | 0 kommentaar

’n Top-wynprodusent, Boplaas op Calitzdorp is baie trots op die pryse wat hy by die Cape Port and Wine Challenge verower het.


Met drie wyne onder die top-tien van die Cape Port and Wine Challenge en vier goue medaljes vir sy porte is die Boplaas-wynkelder ’n trotse Suid-Afrikaanse wynprodusent. Die kelder se Tinta Chocolat 2011 het die hoogste punt in die top-tien van die kompetisie behaal.

Volgens ’n mediaverklaring is die ander twee wenwyne onder die top-tien die Boplaas Portugese Connection 2011 en die Boplaas Tinta Barocca 2009. Rooi tafelwyne – gemaak van Portugese rooi kultivars –is vanjaar die eerste keer ook in die kompetisie beoordeel.

Die Boplaas Tinta Chocolat 2011 word beskryf as ’n pragtige rooiwyn met ’n rooi kleur, bessie- en sjokoladegeure met ’n goed gebalanseerde gevoel in die mond en ’n lang nasmaak. Dit word 10 tot 12 maande lank in Franse eikehout verouder.  

Belangstelling

Mnr. Carel Nel, keldermeester van Boplaas en voorsitter van die Kaapse Portprodusentevereniging (CAPPA), is baie opgewonde oor die nuwe belangstelling van lede van die vereniging sowel as die publiek in die Portugese rooikultivar-tafelwyne.

Hy sê hy en sy dogter, Margaux, wynmaker by Boplaas, doen baie moeite in die wingerde en die kelder om rooi tafelwynevan ’n wêreldklas te maak – met die klem op Portugese rooi kultivars.

Boplaas se portstylwyne het ook uitstekend in die kompetisie gevaar, met die Cape Ruby Port wat weer as die beste Ruby Port aangewys is. Nóg vier goue medaljes is aan die Boplaas Cape Vintage Reserve Port 2002, Boplaas Cape Vintage Reserve 2010 en 2007 en Boplaas Cape Tawny Show Reserve toegeken.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights