Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Druiwe / Wyndruiwe / Beste-pinotages-bekroon

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Beste Pinotages bekroon

 
Deur LUCILLE BOTHA
Die wenners. Foto: VERSKAF
Die wenners. Foto: VERSKAF

Die wenners van die vyftiende Absa Top 10 Pinotage-kompetisie is Donderdag (25 Augustus) bekend gemaak en sluit ou gunstelinge sowel as ’n paar nuwelinge in.

’n Onlangse styging in die prys van Pinotage, ’n wyndruifkultivar wat op tuisgrond ontwikkel is, kan onder meer aan verbeterde gehalte en die unieke Pinotage-storie verklaar word, het die “vader van Pinotage”, mnr. Beyers Truter, tydens die bekendmaking van vanjaar se tien beste Pinotage-wyne gesê.

Wenners
Kanonkop se Pinotage 2006 het gesorg dat dié wynkelder die negende keer die Top 10 haal. Beyerskloof (Stellenbosch) en Rijk’s Privaatkelder het elkeen vir die sesde keer gewen. Dit was vir onderskeidelik Beyerskloof Reserve 2008 en Rijk’s Pinotage 2007. The Mentor’s Pinotage 2009 het aan die KWV sy derde oorwinning besorg. 

Mnr. Pierre Wahl, wynmaker van Rijk’s naby Tulbagh, sê een van hul groot voordele is Tulbagh se lekker grond.

“Ons kan sag werk met die druiwe, en steeds ’n mooi wyn maak.”

Die druiwe vir Beyerskloof se top-Pinotage kom uit ’n ou bosstok-wingerd wat met die hand gepluk word, het die wynmaker, mnr. Anri Truter vertel.  ’n Nuweling op die lys is Diemersdal-wynkelder by Durbanville. Volgens me. Marie van der Merwe, wynmaker, word die wyn ook gemaak van ou bosstok-wingerd, wat reeds in die 1970’s geplant is.

“Dit is die enigste blok op die plaas met ’n bietjie geskiedenis. Drie geslagte van die ses geslagte Louws het van hierdie wingerd wyn gemaak. Ons pars dit met die hand en gis dit in ses 1 ton-kuipies. Dit word elke twee uur deurgedruk om die kleur en geur te kry.”

Inheems
Pinotage word beskou as Suid-Afrika se enigste inheemse wingerdkultivar wat op kommersiële skaal verbou word. ’n Boks met verlede jaar se Top 10-wyne het onlangs op ’n veiling in Kuilsrivier vir R15 000 verkoop. Twee bottels Pinotage het op Riversdal op ’n veiling vir R3 000 onder die hamer gekom.

“Die redes daarvoor is eerstens gehalte. Die Godgegewe faktore, soos die grond en die klimaat, speel ’n groot rol, maar die produsente volg ook goeie wingerd- en kelderpraktyke. 

Pinotage is nie meer net ’n kultivar nie, maar het ’n handelsmerk geword, danksy 15 jaar se Top 10-kompetisies, wynproeë en koskonserte saam met bekende persoonlikhede. Dit het Pinotage ’n huishoudelike naam gemaak,” het Truter sr. gesê.

Hy reken dit is ook ’n unieke verkoopspunt (USP) vir Suid-Afrika.

“Daar moet iets fout wees as jy ’n internasionale wynliefhebber is en nog nie van die Pinotage-storie gehoor het nie. Die uniekheid van Pinotage maak dit ’n USP vir ons land.”

Die tien wyne wat vanjaar se Top 10-lys beklee, is:  Beyerskloof Reserve 2008, Diemersdal Reserve 2010, Fairview Primo 2009, Kanonkop Pinotage 2006, KWV The Mentor’s Pinotage 2009, Laibach 2010, Naledi 2009, Rijk’s Privaatkelder 2007, Schalk Burger & Seuns Meerkat 2009, Windmeul Reserve 2010. 

26 Augustus 2011

0
 
 
  • 1186 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Vulkaan kos SA blommemark
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction