Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Druiwe / Wyndruiwe / Gesoek-n-eg-suid-afrikaanse-wyn

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Gesoek: 'n Eg Suid-Afrikaanse wyn

 
Deur LUCILLE BOTHA
Is Chenin blanc sinoniem met Suid-Afrika? Foto: LUCILLE BOTHA
Is Chenin blanc sinoniem met Suid-Afrika? Foto: LUCILLE BOTHA

Is Chenin blanc sinoniem met Suid-Afrika in dieselfde mate dat Sauvignon blanc aan Nieu-Seeland behoort of Malbec met Argentinië verbind word?

Dít was die belangrike vraag op almal se lippe by die Chenin blanc-assosiasie (CBA) se konferensie Maandag (14 November 2011) op Stellenbosch.

Volgens navorsing deur mnr. Cees van Casteren, wynkonsultant, moet 'n kenwyn (“signature wine”) oor unieke, onderskeidende eienskappe beskik, dit moet 'n betekenisvolle bydrae tot 'n land se aanplantings en uitvoer speel, dit moet die bedryf se ondersteuning geniet en moet ook deur die media en handel onderskryf word.

Mees aangeplante kultivar
Hoewel Chenin blanc sy oorsprong in Frankryk se Loire-vallei het, maak dit sowat 20% (18 500 ha) van Suid-Afrika se wyndruifstand uit. Dit is die mees aangeplante kultivar in die land. Dit is veelsydig en kan vir vir enigiets van droëwyn tot edellaatoes, vonkelwyn en distillering aangewend word.

Die bedryf is egter steeds verdeeld of Chenin blanc die mas gaan opkom as kenwyn vir Suid-Afrika. Tydens blindeproeë kon wynproewers akkuraat tussen Chenin blanc van Suid-Afrika en Frankryk onderskei.

Toe honderde Suid-Afrikaanse wynmakers gevra is watter kultivar die land se vlagskip behoort te wees, het Pinotage net enkele punte meer as Chenin blanc behaal.

Produsente het egter onderlangs gemor dit is nie genoeg bewys nie en dat nuwe, oorspronklike idees nodig is as Chenin blanc as unieke Suid-Afrikaanse wyn erken wil word.

Onderskei van ander lande
Mnr. Bruwer Raats, 'n Chenin blanc-wynmaker wat homself op Twitter CheninKing noem, sê vanuit die oogpunt van die nuwewêreld-lande gesien is dit die enigste kultivar wat Suid-Afrika vir homself kan opeis.

“Dit bly vir ons belangrik om te wys wat ons van ander lande onderskei, en nie wat ons soortgelyk aan hulle maak nie. Dit is die moeilike pad, maar dit is die enigste manier waarop ons die respek van die wynwêreld gaan verdien.”

Vanweë die kultivar se vermoë om hoë produksie te lewer, het Chenin blanc nog altyd 'n “werkesel”-beeld in Suid-Afrika gehad.

“In die verlede het ons 'n volbloedperd geneem, dit soos 'n werkesel gehanteer en gekla toe ons 'n karperd kry. Die probleem is nie die kultivar nie, maar die manier waarop ons dit hanteer.

"Ons moet in Chenin blanc glo en die plaaslike mark oortuig dit is spesiaal en moet gedrink word. As ons nie die plaaslike mark kan oortuig nie, hoe gaan ons die internasionale mark se harte wen?”

Meer verstaanbaar
Raats het benadruk dat die kultivar meer verstaanbaar gemaak moet word vir verbruikers.

“Mense weet nie altyd of hulle soet- of droëwyn koop nie. Of ons nou die voorste of agterste etiket daarvoor gebruik, ons moet 'n manier vind om die verbruiker te laat verstaan wat hy inderwaarheid koop.”

Lees binnekort in Landbouweekblad meer oor dié oproep vir opvoeding van wynliefhebbers.

15 November 2011

4.5
 
 
  • 718 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wolmark verloor stoom
  • Grond: Kontrakte wek kommer
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction