Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Druiwe / Wyndruiwe / Leer-die-wynmeesters

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Leer by die wynmeesters

 
Leer by die meesters by die ProWein-handelskou.
Leer by die meesters by die ProWein-handelskou.

Vanjaar se ProWein-handelskou in Duitsland gaan klasse saam met drie meesters in die wynbedryf aanbied.

Luidens ’n verklaring sal dié klasse, op versoek van vyf wynproduserende gebiede van die “Nuwe Wêreld”, deur drie wynpersoonlikhede van die “Ou Wêreld” aangebied word. Die reeks klasse sal onder die vaandel van Flavours – A Whole New World @ ProWein aangebied word.

Die vyf lande, wat gewoonlik teen mekaar in die mark meeding, maar in dié geval saamwerk, sluit Suid-Afrika, Chili, Nieu-Seeland, Argentinië en Amerika in.

Die skou vind van 4 tot 6 Maart  in Düsseldorf, Duitsland, plaas. Wyne en uitstallings van sowat 50 lande sal te sien wees. Dié skou lok jaarliks sowat 40 000 afgevaardigdes.

Die streke

Die meesterklasse sal die kollig op wyne van dié vyf gebiede laat val. Die gekose wyne sal in die klasse met kos gekombineer word om hul veelsydigheid te beklemtoon asook om hulle binne die internasionale mark as bekostigbare alternatiewe wyne op wynlyste te plaas.

Mnr. Andreas Larsson, wat onder meer as die beste sommelier ter wêreld aangewys is, is een van die drie persoonlikhede. Hy is wêreldwyd bekend vir sy wynkennis en is tans wyndirekteur by PM & Vänner in Vaxjö, ’n vooraanstaande Sweedse restaurant.

Mnr. Ronan Sayburn MS, een van die 180 Meestersommeliers ter wêreld, sal ook deelneem. Hy is tans die direkteur van wyn en spiritualieë van Hotel du Vin, ’n vooraanstaande groep boetiekhotelle in Brittanje.

Me. Caro Maurer, die eerste Duitse vrou wat die kwalifikasie van Master of Wine verwerf het, is die derde persoonlikheid. Maurer is ’n wynskrywer, -opvoerder en -beoordeelaar wat in Bonn woon.

Wye bekendstelling
Me. Su Birch, uitvoerende hoof van Wines of South Africa, sê dit is die derde jaar wat dié vyf streke saamwerk. “Elke jaar beklemtoon ons ’n bepaalde kenmerk wat ons gemeen het en wat ons ’n nuwe manier bied om ons allerbeste wyne bekend te stel. Vanjaar wil ons mense bewus maak van hoe goed ons wyn saam met kos smaak.”

Birch sê hulle het doelbewus dié drie persoonlikhede, wat in Europa opgelei is, betrek. Dit sal nie net vir opwinding vir smaaksintuie sorg nie, maar ook die vyf lande se produkte aan ’n breë gehoor bekend stel.

Inligting oor die klasse is op www.flavours-prowein.com beskikbaar.

17 Januarie 2012

0
 
 
  • 464 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Swak infrastruktuur kos Suid-Afrika miljarde
  • Thaise seekoskerrie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction