Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Druiwe / Wyndruiwe / N-die-tyd-om-wyn-te-bel

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nóú is die tyd om in wyn te belê!

 
deur LUCILLE BOTHA
Mnr. Johan Krige, mede-eienaar van Kanonkop-landgoed, se visie vir ‘n wynbeleggingsmark in Suid-Afrika neem vorm aan. Foto: VERSKAF
Mnr. Johan Krige, mede-eienaar van Kanonkop-landgoed, se visie vir ‘n wynbeleggingsmark in Suid-Afrika neem vorm aan. Foto: VERSKAF

Die tyd is ryp vir ’n Suid-Afrikaanse wynbeleggingsmark, waar ’n koop-en-verkoop-scenario soortgelyk aan die een in Frankryk geld, glo mnr. Johann Krige, mede-eienaar van die wêreldbekende wynlandgoed Kanonkop buite Stellenbosch. 

Krige stel die week 1 200 bottels van die 2008-oesjaar van die eksklusiewe Kanonkop Black Label Pinotage teen R1 100 per bottel aan die mark bekend. Met die eerste uitreiking drie jaar gelede is dié wyn (2006-oesjaar) binne etlike ure uitverkoop.

Krige verwag dat die 2008-oesjaar teen dieselfde spoed sal vlieg, want die wyn het in 2006 en 2007 plaaslike en internasionale bewonderaars gelok. Elke bottel word individueel genommer en dit spog met ’n hologram-stempel om die outentiekheid daarvan te waarborg.

Die wyn word van Pinotage-wingerd gemaak wat reeds in 1953 op Kanonkop geplant is. Hoewel die druiwe se gehalte uit die boonste rakke is, is die produksie baie beperk.

“As ek die wingerd wil hou, moet ek iets besonders daarvan maak,” meen Krige.

Hy sê een van sy doelwitte met dié wyn was ’n sekondêre mark vir Suid-Afrikaanse wyne. Die Black Label Pinotage is slegs beskikbaar by drie afsetpunte wat as wynmakelaars sal optree. Hulle sal in die toekoms potensiële kopers met moontlike verkopers in aanraking kan bring.

“Die plaaslike wynbedryf verdien ’n sekondêre mark, aangesien Suid-Afrikaanse wyne tans die beste in die bedryf se geskiedenis is,” aldus Krige.

“Hierdie wyne verdien ’n herverkoop- en beleggingswaarde. Deur beperkte volumes uitmuntende wyne op die mark te plaas, kan die Suid-Afrikaanse wynbedryf ’n sekondêre mark skep waar die aanvraag groter as die aanbod is. Dit kan lei tot ’n dinamiese verkoop en herverkoop van gesogte wyne en die daarstel van interessante beleggingsportefeuljes.”

Krige meen die Black Label Pinotage moet minstens 10 jaar in die bottel verouder voor dit “dividende gaan oplewer”, maar hy glo dit sal maklik 20 jaar tot 25 jaar kan verouder.

“Ek dink daar is ’n paar wyne in Suid-Afrika met beleggingswaarde. Die groot probleem is egter die verhandelbaarheid daarvan. Waar of deur wie koop jy tans sulke wyne? Ons probeer ’n geordende sekondêre platform skep waar die wyn verhandel kan word.”

Volgens hom sal die Black Label van volgende jaar van die hand gesit word terwyl dit nog in die vate lê. Die koper koop dus ’n produk wat hy eers ses maande tot ’n jaar later ontvang. Dit beteken die koper moet sterk vertroue in die wyn hê. Krige vergelyk dit met motorkoop: “Wanneer jy ’n Mercedes-Benz koop, verwag jy om ’n Mercedes-Benz te kry.”

Om ’n wyn met ’n herverkoopwaarde te maak, glo Krige die wyn moet ’n geskiedenis en bewese reputasie hê. Dit moet ook ’n geloofwaardige handelsmerk hê en met verloop van tyd konstant goed wees.

“ ’n (Suid-Afrikaanse) Beleggingsmark vir wyn sal erkenning gee aan die topgehalte wyne wat ons produseer, maar wat nog nie op internasionale vlak die regmatige erkenning kry nie.”

Die man wat tans die duurste wyn in Suid-Afrika verkoop, mnr. Jean Engelbrecht van die landgoed Rust en Vrede naby Stellenbosch, het op ’n onlangse mediafunksie gesê daar is beslis ’n sekondêre mark vir Suid-Afrikaanse wyne, maar die aanbod van wyne wat vir hierdie mark geskik is, is klein. Sy Rust en Vrede 1694 Classification verkoop tans teen R1 200 per bottel. 

“Die Suid-Afrikaanse mark is nie so groot soos die ouwêreld wynlande nie, maar ek glo dit sal aftrek kry soos meer mense hieraan blootgestel word.”
Hy beskou ou Rubicons (Meerlust), Paul Sauers (Kanonkop) en selfs verouderde Rieslings (soos die 1974-Riesling wat hy al by Danie de Wet van De Wetshof gedrink het) as goeie wyne vir hierdie mark.

By die tuiste van Rubicon, Meerlust (ook naby Stellenbosch), sê mnr. Chris Williams, keldermeester, wynverbruikers se ondersteuning sal die lewensbloed van so ’n beleggingsmark wees.

“Daar is beslis plek vir so ’n mark, maar dit sal in ’n groot mate ontwikkel moet word.

Wynverbruikers sal ’n waardering moet aanleer vir wyne soos ons s’n wat met verloop van tyd verbeter. Om fantastiese wyne te maak verg baie meer tyd, beleggings en toewyding en is ’n langtermyn-proposisie.”

Hy meen die herverkoopwaarde van topgehalte Suid-Afrikaanse wyne sal, soos elders in die wêreld, in waarde styg soos verbruikers besef dit is die ekstra geld werd.
 
Black Label Pinotage sal vanaf 12 April by die volgende handelaars beskikbaar wees: Wade Bales Wine Society, Cybercellar en The Wine Cellar.

11 April 2011
 

2.5
 
 
  • 2844 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Piet Fourie 
14 Apr 2011 09:36

@ Kobus Myburgh . Negatief . Verkeerdelik gestel want dan maak kos ook mense dood . Dis net soos geld . Geld is nie die wortel van alle kwaad nie maar wel die liefde daarvan . Onthou ook dat resveratrol wat n flavanoid is , baie goed vir meeste mense is by matige gebruik daarvan . Matige gebruik van dwelms en sigarette is egter voor die hand liggend totaal taboe . Of wat se ek dan nou ?????

  • antwoord
Paul Botha 
12 Apr 2011 10:24

Kobus. Dink jy nie dat jy nou te ver gaan nie? Motorvoertuie, kragstasies en nog baie ander dinge vernietig ook God se Skepping? Dis hoe jy dit gebruik wat saakmaak.

  • antwoord
Servaas 
12 Apr 2011 09:58

Kobus, my mening as ek mag. Ek deel jou sentiment rakende die vernietigingskrag van dwelmmiddels onder ons mense, waaronder wyn veral in die Wes-Kaap verwoesting saai. Ek is egter vir dié rolspelers in die bedryf wat hierdie klas wyne vervaardig - hierdie wyne dra nie soseer by tot 'n kultuur van misbruik nie en is dalk juis die ouens wat die gesig en fokus van die bedryf tot 'n mate kan verander.

  • antwoord
Dirk Lourens 
12 Apr 2011 09:30

@kobus, my mening:
Wyn en drank is NIE 'n dwelm nie. Dit kan wel dronk maak.
Mense wat dit misbruik, kan wel menslike lewens, gesinne, en huwelike verwoes.
Mense moet ophou om hulle eie slegte keuses en gedrag op ekterne goed te blameer soos drank en die duiwel.

  • antwoord
Tim Tin 
12 Apr 2011 08:42

En tog het Jesus water in Goeie Wyn verander...

  • antwoord
kobus Myburgh 
11 Apr 2011 22:03

Goed geskryf .
My meening as ek mag .
Ek sou eerder elke wyn plaas in die verbouing van voedsel omskep het .Wyn en drank is `n dwelm middel en is `n vernietiger van menslike lewens gesine en huwelike.`n Mens gemaakte moordenaar wat vrylik ongehinderd God se Skepping vernietig .

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Koringboere 'verloor' R230/ton
  • Kopklamp
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction