Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Druiwe / Wyndruiwe / Namibi-lus-vir-sa-wyn

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Namibië is lus vir SA wyn

 
Deur LUCILLE BOTHA
Mnr. Coenie Snyman van Rust en Vrede, skink van sy wyn. Foto: LUCILLE BOTHA
Mnr. Coenie Snyman van Rust en Vrede, skink van sy wyn. Foto: LUCILLE BOTHA

’n Hoogs suksesvolle wynfees in Windhoek het bewys Afrika staan met oop arms en wag vir landbouprodukte uit Suid-Afrika.

Sedert mnr. Jean Engelbrecht, Stellenbosse wynboer en restaurateur, sowat ’n jaar gelede die gewilde The Stellenbosch Wine Bar and Bistro in Klein-Windhoek geopen het, het hierdie restaurant met sy gesogte Suid-Afrikaanse wynlys ’n vername afsetpunt vir Suid-Afrikaanse wynboere in Namibië geword.

'n Goeie wynbestemming

“Namibië was nog altyd ’n goeie wynbestemming. Die mense hier drink eintlik baie wyn en ek dink wynboere in Suid-Afrika het dit die afgelope drie of vier jaar agtergekom,” vertel Engelbrecht.

Die doel agter The Stellenbosch se wynlys is om eerder ’n kleiner prysverhoging te neem, maar groter volumes te verkoop. Te oordeel na die aantal voete wat elke aand die restaurant binnestroom, is dit ’n plan wat werk.

Tans is daar 42 wynprodusente op die wynlys, en Engelbrecht is gretig om dit uit te brei om nog landgoedere in te sluit. “Ons dra nie baie voorraad nie, maar dit is baie maklik om vervoer te reël,” vertel Engelbrecht.

Wynfees
Sy nuutste projek was ’n klein wynfees in die binnehof voor The Stellenbosch. Slegs 200 kaartjies is daarvoor beskikbaar gestel en almal het binne ’n uur ’n baas gekry.

Altesame 15 Suid-Afrikaanse wynlandgoedere het elk hul drie beste wyne vertoon.  En hoewel die wynfees slegs om bemarkings- en bekendstellingsgeleenthede gegaan het, is meer as R80 000 se wyn verkoop.

“Die Windhoekers het duidelik ’n groot waardering vir wyne van Suid-Afrika af en ons het dit goedgedink om ’n slag die wyne vir hulle te bring. Ek dink dit is ’n baie onderskatte mark. Die Namibiërs is eintlik groot wyndrinkers. Dan het hulle natuurlik ook ’n enorme groot toerismesektor wat baie lodges insluit.”

Afrika toon groei

Prof. Nick Vink, voorsitter van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, het onlangs gesê Engeland, Swede en Duitsland toon onderskeidelik ’n afname van 44%, 15% en 20% as markplek vir Suid-Afrikaanse wyn. Afrika, aan die ander kant, het met 8% gegroei.

“Dit is ’n aanduiding waar die toekoms vir Suid-Afrika se landbou lê,” meen Vink. 
Dit was opvallend dat die wynliefhebbers wat die Namibiese fees bygewoon het, bekend was met Suid-Afrikaanse wyne en in baie gevalle die stories agter die wyne geken het.

Heelwat van dié wynkennis kom natuurlik uit studentedae, want die meerderheid van Namibiërs wat aan die Universiteit Stellenbosch gradueer, keer na Windhoek terug.

“Hierdie wynfees is die eerste een wat ons aanbied en ons sal dit volgende jaar weer doen. Dit sal baie lekker wees as ons dit ’n bietjie kan uitbrei en nog landgoedere kan betrek,” sê Engelbrecht. 

Groot geleenthede
Ook die wynmakers is opgewonde oor die geleenthede wat Namibië inhou en het die inisiatief verwelkom. Soos mnr. Dawie Botha van L’Ormarins sê: “Wynfeeste soos hierdie een help ons om bierdrinkers in wyndrinkers te verander.”

Mnr. Beyers Truter sê Beyerskloof is baie gewild in Namibië en dié land maak sowat 3% van hul totale omset uit. “Die Suid-Afrikaanse wynbedryf was dom om nog nie voorheen Afrika aan te durf nie.”

Mnr. Peter de Wet van De Wetshof sê die mark naaste aan die huis is altyd vir hulle die belangrikste: “Suid-Afrika is dus vir ons die belangrikste en daarna kom Afrika. Afrika drink nog nie baie wyn nie en dit is dus volumegewys nie baie belangrik nie, maar wat die ligging betref, is dit baie belangrik.”

21 November 2011

0
 
 
  • 775 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Karl Smit 
21 Nov 2011 17:22

Jean Engelbrecht moet onmiddelik aangestel word as die hoof van WOSA om die ernstige wynuitvoer-situasie te red.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Maklike hoender met groente
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction