Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Druiwe / Wyndruiwe / Nederburg-erken-bewaarder

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Nederburg erken as bewaarder

 
Mnr. Hannes van Rensburg by die wingerde. Foto: VERSKAF
Mnr. Hannes van Rensburg by die wingerde. Foto: VERSKAF

Nederburg-wyne is die jongste lid van die Wêreldnatuurfonds (WWF) se Biodiversiteit & Wyn-inisiatief nadat hy die nodige akkreditasie ontvang het.

Luidens ’n verklaring moes die wynmakery minstens vyf plase hê wat aan bewaringsmaatreëls voldoen om die BWI-status te ontvang.

Die bewaringspogings van een van die wynmakery se grootste verskaffers het tot die toekenning van die status bygedra.

Twee plase het reeds status
Sowat die helfte van Nederburg se druiwevoorraad kom van sy eie plase, wat Nederburg self, Groenhof in die Koelenhof-area by Stellenbosch, Plaisir de Merle in Simondium, en Papkuilsfontein – ’n droëlandplaas naby Darling – insluit.

Die laasgenoemde twee plase het reeds hulle BWI-status ontvang omdat hulle onderskeidelik 500 ha en 150 ha vir bewaring opsy gesit het.

Spekboomheinings
Mnr. Hannes van Rensburg, die groepbestuurder van Nederburg-wynplase, sê deeglike ondersoeke is onderneem voordat die status aan hulle toegeken is.

Hy sê op Nederburg se 244 ha, waar die wynmakery gehuisves word, is baie min onbewerkte grond waarop inheemse plantegroei gevestig kan word. Derhalwe is, onder meer, spekboomheinings (Portulacaria afra) aangeplant omdat hulle koolstof goed opneem en in die grond bewaar.

Volgens beplanning sal wilde-ertjieplante (Vicia benghalensis) tussen die spekbome geplant word. Dit sal dien as voer vir die Hereford- en Angus-koeie, wat op hul beurt weer natuurlike bemesting vir die wingerde voorsien.

Gefiltreerde afvalwater
Dié plaas benut ook die kelders se afvalwater deur dit te filtreer en dan weiveld daarmee te besproei, soos wat ook op Plaisir de Merle die geval is.

Op Groenhof is op die verwydering van indringerplante vir beter waterbalans en verminderde watergebruik gefokus.

Die wynmakery het ’n parsvermoë van sowat 20 000 ton druiwe per jaar en sy produkte word wêreldwyd uitgevoer.

* Nederburg het by die 2010 Tri Nations Wine Challenge, die trofee vir die beste dessertwyn gewen. Lees die storie hier.

5 Julie 2011

0
 
 
  • 1157 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Voervloeiplan vir die Karoo
  • Parasiete en parasietbeheer in wild in klein wildreservate
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction