|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 12:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
'n Droom vir die Pinotage-assosiasie is onlangs bewaarheid toe sy sakpasgids, South Africa’s Pinotage Wine Guide 1995-2011, die lig gesien het.
Dié nuttige boekie vertel die storie van Pinotage – die eg Suid-Afrikaanse wyndruifsoort wat in 1925 deur prof. Izak Perold gekweek is. Benewens die geskiedenis van en staaltjies oor Pinotage dien dit ook as wynliefhebbers se kompas tot die toppresteerders in die Absa Pinotage-kompetisie en die wynprodusente.
Dit bevat generiese beskrywings van Pinotage en verduidelik watter kos saam met dié wyn geniet behoort te word. Mnr. Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage-assosiasie, sê die eerste drukoplaag is 8 000 eksemplare. Dit sal alles gratis versprei word by toerismekantore, proelokale en restaurante. Kyk hier na 'n video oor die gids met onder meer Truter aan die woord.
Die Pinotage-storie
“Die inligting in die boekie is vir almal. Dié nuwe handleiding vorm 'n verdere hoofstuk in die Pinotage-storie. Dit bied die assosiasie die geleentheid om die opwindende diversiteit van die druifsoort te vertel in 'n kort, bondige publikasie wat ons graag aan verbruikers en ander belanghebbendes beskikbaar stel.
"Die lekker ding van die boek is dat ons die geskiedenis opgeskryf het. Nou kan ons op die toekoms konsentreer!” Pinotage se ster blink en volgens Truter het die verkope van Pinotage op eie bodem van 2006 tot in 2008 met 11% geklim.
“Ons reis elke jaar deur die land om kos- en wynkonserte te doen en Pinotage met goeie kos voor te sit.”
Die kultivar presteer egter ook goed op die internasionale front. In dieselfde tyd het internasionale verkope van 5,5 miljoen bottels tot 9,6 miljoen bottels geklim.
Bestel 'n eksemplaar van die boek deur e-pos na admin@pinotage.co.za te stuur.
6 Februarie 2012
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)