Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Druiwe / Wyndruiwe / Wellington-wyndistrik-kom

Nuus

Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Boere durf nie klippe gooi oor veediefstal as hul eie huis nie in orde is nie, waarsku die Noordwes RPO se veediefstalforum.

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
  • Kommer oor brandseisoen in Natal
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wellington-wyndistrik kom

 
Deur ALANI JANEKE
'n Uitsig oor die Wellington-wynlande. Foto: ALANI JANEKE
'n Uitsig oor die Wellington-wynlande. Foto: ALANI JANEKE

Die Wellington-wynroete gaan binnekort as distrik onafhanklikheid van die wyndistrik-afbakeningsraad ontvang.

Me. Trudy Oosthuizen, woordvoerder vir die wynroete, sê die proses is tans aan die gang. Dit is ’n groot stap in die wynbedryf. Wellington was tot dusver deel van die Paarl-distrik.

“Wellington is werklik gereed en in staat om sy wynspiere te wys om Wyne van Oorsprong, Wellington, te produseer,” lui ’n verklaring. Die wynroete is sowat 45 minute van Kaapstad geleë, en dit lê binne ’n radius van 30 minute van die Swartland en historiese dorpe, soos Franschhoek, Stellenbosch en die Paarl.

Kyk gerus hier na foto’s wat op die onlangse Absa Pinotage-mediatoer in Wellington geneem is.

“Wieg van wyn”
Die omgewing word ook as die “wieg van wyn” beskryf met sowat 95% van Suid-Afrika se wingerdkwekerye wat hier geleë is. Die Vallei van die Wa-makers of Val du Charron is bekend vir sy uitmuntende grondgehalte en voordelige klimaat.

“Dit sal regverdig wees om te sê dat alle plaaslike wyne wat toekennings verwerf, hul oorsprong na Wellington kan naspoor,” sê Oosthuizen.

Die wynroete, wat nou al vyf jaar lank bestaan, het 26 produsente en is ook bekend vir sy unieke buitelugatmosfeer. Dit is verlede jaar as die SA Top Buitelug Wyn-gebied gekroon. Die gebied se wyne het al verskeie Absa Pinotage-, Decanter-, Veritas- en Michelangelopryse gewen en is veral bekend vir sy Wynoes-fees wat jaarliks in Maart plaasvind.

Mnr. Schalk Burger, voormalige Springbok-rugbyspeler en die eienaar van die Welbedacht-wynlandgoed, sê dit is vir hom ’n eer om deel van dié wynroete en omgewing te wees.

Hy het lede van die media tydens die mediatoer op sy plaas tussen die wingerde ontvang. Kyk hier na ’n video van een van die staaltjies wat hy vertel het.

16 November 2011

0
 
 
  • 677 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 17 April 2009
  • Brandskade in KZN
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction