Wynbottels van plastiek?

 
Sauvignon blanc. Foto: www.theworldwidewine.com
Sauvignon blanc. Foto: www.theworldwidewine.com

Wyn in plastiekbottels is nie ’n algemene gesig op Suid-Afrika se winkelrakke nie, maar mnr. Peter Yealands, ’n wynboer van Nieu-Seeland, meen wynbottels van plastiek kan die toekoms wees vir veral witwyn.

Yealands boer in die Awatere-omgewing en meen plastiekbottels is ideaal vir sy Sauvignon blanc, maar sal nie toepaslik wees vir rooiwyn of wyn wat verouder word nie, luidens ’n berig van Stuff.co.nz. “Dit werk net met ’n fris en vars Sauvignon blanc.” Hy het reeds begin met die bottelering van 5 000 bottels.

Die bottels sal ’n “beste voor-datum van 18 maande hê aangesien suurstof die wyn beskadig, maar Yealands meen dis nie ’n probleem nie. “Daar is fynproewers en dan is daar mense wat wyn by kleinhandelaars koop. Meer as 70 % van Sauvignon blanc word in supermarkte teen lae bedrae verkoop en binne ’n week gedrink. Dís waar ons mark is.”

Die vervaardiging van plastiekbottels vereis sowat 19 % minder energie as die vervaardiging van glasbottels.

Bron:
Stuff.co.nz

17 November 2009

0
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.