Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Druiwe / Wyndruiwe / Wynmakersgilde-kry-nuwe-lede

Nuus

Eskom wil kragpryse opstoot

Geen bedryf in Suid-Afrika kan Eskom se jongste voorstel van ‘n 50% styging in die kragprys oor vyf jaar oorleef nie, sê Agri SA.

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wynmakersgilde kry nuwe lede

 
Mnre. Miles Mossop en Bartho Eksteen. Foto: VERSKAF
Mnre. Miles Mossop en Bartho Eksteen. Foto: VERSKAF

Die Kaapse Wynmakersgilde is twee nuwe lede ryker nadat mnre. Bartho Eksteen van Hermanuspietersfontein Wingerde en Miles Mossop van Tokara by dié uitsoekgroep ingesluit is.

Hulle is die 44ste en 45ste lede van die gilde.

Die gilde is volgende jaar dertig haar oud en ter viering daarvan is ’n nuwe lidmaatskapskategorie (vir tegniese lede) geskep. Dit huisves lede wat nie meer voldoen aan die vereistes vir die kategorie produserende lid nie, maar steeds ’n belangrike bydrae tot die bedryf lewer.

Lidmaatskap tot die gilde is slegs op uitnodiging. ’n Wynmaker wat met só ’n uitnodiging geëer word, moet minstens vyf jaar lank hoogstaande gehaltewyne maak.  Die gilde poog om innovasie in die bedryf aan te moedig deur uitstekende, beperkte vrystellingswyne te produseer.

Eksteen, ook Diners Club se Wynmaker van die Jaar vir verlede jaar, het ’n passie vir Sauvignon blanc en hy is ook een van die leiers in die Sauvignon blanc-belangegroep.

Sy jaarlikse Sauvignon blanc Celebration het heelwat ondersteuners. Hy het ook die Diners Club Bartho Eksteen Wyn-akademie gestig. Sy wyne het al ritse toekennings ingepalm. 

Mossop is aan die voortou van moderne wynmakery in Suid-Afrika en hy het bykans al die groot pryse wat ’n wynmaker kan wen, omhoog gehou. 

Mnr. Louis Strydom van Ernie Els Wyne sal aanbly as voorsitter van die gilde. Mnr. Jeff Grier van Villiera sit in die ondervoorsitterstoel. Mnr. David Finlayson van Edgebaston is die nuwe tesourier. Mnr. Andries Burger van Paul Cluver Wyne neem die leisels oor as nuwe keldermeester, met mnr. Frans Smit van Spier as assistent-keldermeester.

13 Desember 2011
 

0
 
 
  • 864 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Afrika kry landbou-ekspo
  • Nie alle boerepryse daal — verslag
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction