Deur LUCILLE BOTHA
20 Maart 2012

885 keer gelees | 0 kommentaar

Meer as 1 500 mense het die naweek op Wellington gewys hul harte klop warm vir die Fairtrade-beweging.


Meer as 1 500 mense het die naweek op Wellington gewys hul harte klop warm vir die Fairtrade-beweging.

Dié beweging moedig billike handelsvoorwaardes en geleenthede vir produsente in ontwikkelende lande aan.

Bosman Family Vineyards het tydens die jaarlikse Wellington-oesfees hul feestelike Fairtrade-klere aangetrek en gewys waarom hierdie beweging, wat onder meer produkte, soos wyn, koffie en blomme insluit, so gewild is.

Vir elke bottel Fairtrade-wyn wat verkoop word, word 50c aangewend vir die maatskaplike en ekonomiese opheffing van plaaswerkers.

Meer as 1 500 mense het die naweek kom kuier by dié wynkelder waar die Bosmans al oor agt geslagte heen wyn maak. Hulle is ’n reeks foto’s gewys wat uitbeeld watter voordele Fairtrade vir plaaswerkers inhou.

Die plaas se reeks Fairtrade-wyne is ook tydens die Fairtrade Long Lunch te koop aangebied.  Volgens mnr. Boudewijn Goossens, uitvoerende direkteur van Fairtrade Label Suid-Afrika, dien die beweging ook as aanmoediging vir ondernemings om in hul gemeenskappe te belê vir die toekoms. 

Wyn is sedert 2003 een van die belangrikste Fairtrade-produkte in Suid-Afrika en minstens 16 wyndruifprodusente het Fairtrade-sertifisering. In 2010 is meer as 17 miljoen bottels Fairtrade-wyn wêreldwyd gedrink en sowat twee derdes daarvan kom van Suid-Afrikaanse plase af. 

Die Bosman-familie sonder elke jaar ’n liefdadigheidsorganisasie uit wat voordeel trek uit die Long Lunch. Vanjaar was dit die beurt van die Pebbles-projek, ’n organisasie wat die lewens van kinders uit ’n voorheen benadeelde agtergrond verryk.

20 Maart 2012

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights