|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 12:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die Italiaanse department van landbou en verskeie Italiaanse universiteite het ‘n tamatie-variant gekweek wat jou twee keer sal laat kyk.
Navorsers van Sant’Anna, die Universiteit van Pisa, Universiteit van Modena en Reggio Emilia en die Universiteit van Tuscia het ‘n tamatie met ‘n donkerpers en swart skil bekend gestel.
Dié tamatie staan bekend as die “Sun Black” en is gekweek as deel van die Tom-Anto-navorsingsprojek wat dié universiteit tesame met die Italiaanse department van landbou geloods het.
Swart én gesond
Die “Sun Black” kry sy unieke kleur van die teenwoordigheid van die anti-oksidant anto-sianien. Die vleis van die tamatie is steeds rooi en proe nes `n tipiese tamatie. Die variant is nie geneties gemodifiseer nie en is baie gesond, tekenend van die teenwoordigheid van dié anti-oksidant.
“Sun Black” is gekweek deur ‘n kruising tussen tamaties wat anto-sianien in hul blare gehad het.
Bron: Farming and Agriculture
20 Junie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
waar kan ek saad bestel
Ek het ook al swart tamaties in SA gekweek 2 JAAR LANK AL SWART GROOT en dan ook swart cocktail tamaties. Die saad het ek gekry vanaf Livingseeds Kyk gerus na die website. Daar is baie snaakse en interesante sade verkrygbaar.
Dit lyk fantasties! Waar kan 'n mens plaaslik die sade/plantjies in die hande kry?
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)