Deur JAN BEZUIDENHOUT
26 Maart 2012

3080 keer gelees | 2 kommentaar

Een produsent van lusernbome is deur bestellings oorweldig nadat hy landbou.com gebruik het: Binne ‘n week is bestellings vir meer as 30000 boompies ontvang!


Een produsent van lusernboomsaailinge is deur bestellings oorweldig nadat hy landbou.com gebruik het: Hy het binne ‘n week bestellings vir meer as 30000 lusernboompies ontvang!

Ongekende belangstelling in lusernbome het sedert die einde van 2011 onder boere posgevat en verskeie verskaffers het met bemarking van dié nuutjie in Suid-Afrika laat waai.

In dié tyd is ‘n lewendige debat oor lusernbome en -saad en die voor- en nadele op landbou.com gevoer.

Mnr. Myles Esterhuizen van Lucerne Tree Farm in die Kamanassieberge naby Uniondale, wat die afgelope drie jaar lusernbome en lusernboomsaad produseer, het aan dié debat deelgeneem, maar ook ‘n blog op Landbou.com geskryf. Tydens ‘n telefoongesprek tussen Myles en die landbou.com-redaksie is besef dat hy ‘n groot produsent is wat reeds ver gevorder het om die vestiging van lusernbome onder die knie te kry.

Johan Coetsee van Landbouweekblad het die Esterhuizens daarna op hul plaas gaan besoek om oor hulle boerdery te skryf en sy artikel “Boomlusern redding op swak berggrond” is in die LBW-uitgawe van 23 Maart gepubliseer.

FOTOBYSKRIF: Mnr. Myles Esterhuizen by boomlusern.

Esterhuizen het tydens die besoek aan Coetsee vertel dat hy binne dae ná sy skrywe op Landbou.com meer as 30 000 boompies verkoop het. Dit het sy besigheid die woema gegee wat dit gekort het, sê hy.

Landbou.com het Esterhuizen gevra om oor die terugvoering wat hy op landbou.com ontvang het, te skryf. Hier is sy mening:

“Dit sal 'n voorreg en ’n plesier wees om landbou-entrepeneurs aan te moedig om gebruik te maak van Landbou.com. Elke boer met wie ek lekker gesels oor lusernbome is só vol visie en inspirasie om sukses te behaal met sy boerdery.

“Landbou.com is 'n baie goeie medium om jou produkte en kennis oor te dra aan boere wat met toewyding baie hard werk aan hul boerdery. Nadat ek net twee keer kommentaar gelewer het op Landbou.com het ek genoeg terugvoer en besigheid gekry om die nodige infrastruktuur te koop om my Lusernboom-besigheid aan die rol te kry. My besigheid was nog in sy beplanningsadium toe dié mooi hupstoot kom, dit was seker die heel beste tyd om motivering te kry.

“Baie dankie vir die wyse en goedgunstige manier waarmee Landbou.com my blog-advertensie hanteer het. Die opposisie het ons (in daardie stadium) oorskadu maar met dié geleenthede het ons sonlig gevind en die besigheid het 'n toekoms om waarde aan beide ons en aan boere te lewer.”

* Esterhuizen se eie blog is http://lucernetreefarm.wordpress.com/

26 Maart 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van Blerk

2012/03/26 08:54:24 AM

Baie interessante inligting op blog - gaan nog toeneem in Wes Kaap waar dit volgens voorspellings droeër sal word en kos vir diere te min gaan raak - baie dankie


Lizette du Preez

2012/12/11 10:11:35 AM

Daar is so baie inligting oor die lusernboom, maar oral word mens afgeraai om dit in turfgrond te plant. Ons het met boerbokke begin boer en het gehoop om lusernbome aan te plant in die voerkampe. Wanneer reken jy kan mens die lusernbome begin bewei. Ons woon in Bela Bela, Limpopo.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights