Deur LIEZL VERCUEIL
19 Oktober 2009

2673 keer gelees | 0 kommentaar

Die geneties gemodifiseerde SpuntaG2-aartappel sal nie in Suid-Afrika verbou word nie, sê die Afrikasentrum vir Bioveiligheid.


Die Landbounavorsingsraad (LNR) se aansoek om die geneties gemodifiseerde (GM) SpuntaG2-aartappelkultivar vir kommersiële aanplanting in Suid-Afrika beskikbaar te stel, is afgekeur. Die betrokke aartappel is immuun teen die aartappelmot.

Die navorsing na dié aartappelkultivar is deur openbare geld en geld van die Universiteit van Michigan  in Amerika en die Verenigde State se Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling (Usaid) gefinansier en het sowat ses jaar geduur. Die aartappelbedryf het verlede jaar sterk teenstand getoon teen die SpuntaG2 en Aartappels SA het die nuwe kultivar se voordele vir Suid-Afrikaanse aartappelboere bevraagteken. Daar was egter ’n gunstige reaksie op die aartappelkultivar van AfriBio, ’n GM-belangegroep, wat die SpuntaG2 as ’n “seën" vir kleinskaalse, plaaslike aartappelboere beskryf het.

Die Afrikasentrum vir Bioveiligheid (ASB) het ook protes aangeteken en hou voor dat die aartappelkultivar nie net geen voordeel vir plaaslike boere inhou nie, maar inderwaarheid  ’n risiko inhou. Die ASB het ’n formele beswaar by die voormalige Departement van Landbou en Grondsake ingedien wat die kommer van Aartappels SA, McCain Foods Bpk., McDonald's, Spur, Simba en Fruit & Veg City uitgespreek het.

“Ons is gelukkig met die besluit om nie die GM aartappel beskikbaar te stel nie. Dit bevestig ons siening dat dié aartappelkultivar nie ontwikkel is met die probleme wat Suid-Afrikaanse aartappelboere moet hanteer in gedagte nie. Dit is eerder ’n oplossing op soek na ’n probleem,” sê me. Mariam Mayet, direkteur van die ASB.

’n Paar feite oor GM in Suid-Afrika

Luidens ’n mediaverklaring van die ASB is Suid-Afrika die enigste Afrika-land wat GM voedselplante, in dié geval mielies en sojabone, kommersieel beskikbaar gestel het. Die organisasie sê Suid-Afrika is ook die enigste land in die wêreld wat die genetiese modifikasie van sy stapelvoedsel, mielies toegelaat het.

Egipte, Kanada en Amerika se vroeëre pogings om GM aartappels beskikbaar te stel, het ook misluk. Geen GM aartappels is tans in die wêreld beskikbaar nie.

Die patentreg op SpuntaG2 se gene word deur die saadmaatskappy Syngenta gehou.

19 Oktober 2009


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights