Deur ALANI JANEKE
2 Augustus 2012

957 keer gelees | 0 kommentaar

’n Nuwe handelsmerkveldtog wat deur Aartappels SA aangepak is, lig verbruikers in oor die voedsaamheid van dié gewas.


’n Nuwe handelsmerkveldtog deur Aartappels Suid-Afrika (ASA), wat ontwerp is om nie net in te lig nie, maar ook verbruikers te vermaak en te beloon, is bekend gestel.

Die organisasie sê met behulp van die veldtog wil hulle Suid-Afrika in ’n ‘‘aartappelnasie’’ verander wat gesonde diëte handhaaf terwyl hulle aartappels deel maak van alledaagse, vetvrye maaltye.
 
Luidens ’n berig op Bizcommunity .com sluit die veldtog ’n aanlyn-kookkompetisie, kompetisies in winkels, resepte, speletjies en besoeke van Koning Zamban – die Koning van die Aartappelnasie – in.
 
Mnr. Etienne Booyens, bemarkingsbestuurder by ASA, sê die veldtog wil nie net volwassenes en ouers aanmoedig om gesonde maaltye voor te berei nie, maar ook studente wat op soek is na gebalanseerde maaltye wat maklik is om voor te berei en bekostigbaar is.
 
Aartappel-ambassadeur
Studente sal betrek word deur hulle aan te moedig om hul kameras te gebruik om hulself af te neem terwyl hulle disse met aartappels aanmekaar slaan.
 
Die video’s kan dan op ASA se webtuiste opgelaai word, en die studente se vriende sal aangemoedig word om vir hulle te stem. Die organisasie sal R20 000 tot die wenner se studiegeld bydra, terwyl die student die land se eerste aartappel-ambassadeur sal word.
 
Dieselfde bedrag geld is op die spel vir Suid-Afrika se amptelike Aartappelnasie-hoofkokkompetsie. Dié kompetsie sal met behulp van Shoprite-winkels aangebied word.
 
Booyens sê baie mense in Suid-Afrika moet ingelig word oor die waarde van aartappels as ’n bron van komplekse koolhidrate en ’n reeks minerale, terwyl dit laag in natrium is. ‘‘So baie mense het aartappels uit hul dieet gesny omdat hulle dink dit maak vet, maar aartappels wat in die skil gekook word, is eintlik vetvry.”
 
Meer inligting is by www.potatonation.co.za beskikbaar.
 
Bron: Bizcommunity
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights