23 Oktober 2012

1049 keer gelees | 0 kommentaar

’n Waglys van kopers bestaan om die land se oudste potketelbrandewyn te kan koop, ten spyte van ’n prys van R14 000 per bottel.


Die land se oudste potketelbrandewyn is so gesog dat ’n naamlose koper van Kenia, voor die bekendstelling daarvan, ’n bottel daarvan gekoop het vir R30 000, meer as dubbeld die prys as waarvoor dit in Suid-Afrika verkoop word.

Dié brandewyn word deur Van Rhyn's gemaak. Die meeste van die komponente van die brandewyn met die naam AU.RA is 30 jaar oud, hoewel sommige 40 jaar of ouer is.
 
Volgens die land se regulasies moet die ouderdom wat op die bottel verskyn, die ouderdom wees van die jongste komponent waarvan die brandewyn gemaak is.
 
Elkeen van die 107 glasbottels waarin die brandwyn verkoop word, is handgeblaas en is met ’n handgemaakte silwerhanger versier. Luidens ’n verklaring word die bottel verpak in ’n soliede eikehoutkassie wat deur James Mudge gemaak is. Dit word ook persoonlik by elke koper afgelewer en van ’n egtheidsertifikaat vergesel.
 
Waglys
Me. Shelly Ellse, woordvoerder vir die Van Rhyns-landgoed, sê plaaslike kopers laat hulle nie koudsit deur die prys nie, en sommige kopers wil hul name op ’n waglys laat plaas vir ingeval kansellasies voorkom.
 
Sy sê dié momentum strook met die groei wat Van Ryn se Collection Reserve-brandewynreeks die afgelope paar jaar getoon het. “’n Mens moet benadruk dat Van Ryn se brandewyn beperkte oplae is, en nie in groot volumes gemaak word nie. Die handelsmerk se profiel as waarskynlik die mees bekroonde brandewynnaam in Suid-Afrika, help egter om dit in die kollig te plaas.”
 
’n Private telefoonlyn is geskep vir diegene wat ’n bottel in die hande wil kry.Die brandewyn word net deur Van Ryn verkoop. Die landgoed se ander brandewyne is egter by spesialis-kleinhandelaars beskikbaar.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights