Deur LUCILLE BOTHA
17 Augustus 2012

675 keer gelees | 0 kommentaar

UniWines Vineyards van Breedekloof het die gesogte Genl. Smuts-trofee verower toe hul Ruby Cabernet as Suid-Afrika se beste jongwyn aangewys is.


Spier-wyne naby Stellenbosch gee vanjaar ’n tuiste aan die Pietman Hugo-trofee. Dié kelder het die meeste punte in vyf kategorieë op die SA Jongwynskou ingesamel.  Hy spog met nie minder nie as drie Suid-Afrikaanse kampioene: Chenin blanc (gehout), Chardonnay (gehout) en Merlot (gehout).

Die jongwynskou het vanjaar 2 124 inskrywings van 149 deelnemers uit al die wynstreke gelok.

“Dit gee ’n aanduiding van die wynmakers en wingerdboukundiges se vertroue in Suid-Afrika se grootste en oudste wynskou,” het die seremoniemeester Johan Rademan gesê.

Sowat 40% van die inskrywings het uit die Breedekloof-Worcester-gebied gekom. Stellenbosch het egter die meeste klaswenners en goue medaljes opgelewer.

Sauvignon blanc die gewildste
Sauvignon blanc het die meeste inskrywings (121) gelok. Gehoute Shiraz en rooi versnitwyne was kort op die wit kultivar se hakke.

Die nuwe voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANW), mnr. Charles Hopkins, het gesê hy wil weer die gees van die Jongwynskou laat herleef. Sy visie is dat deelnemers uit die beoordelaars se terugvoering leer. Hy hoop statistiek oor wenners kan aan die bedryf neigings oor wynstyle en produksiemetodes uitwys.

Hopkins het ook aangekondig dat die Raad van die SA Jongwynskou’n botteletiket vir die Generaal Smuts-trofee goedgekeur het. Dié wenwyn sal dus voortaan met ’n plakker spog.

Die Vergelegen- en Badsberg-wynkelder het elkeen twee kampioenwyne opgelewer. Nege ander kelders spog ook met kampioene: Flagstone Winery, Namaqua Wines, Mountain Ridge Wines, De Krans, Slanghoek-kelder, Merwida-wynkelder,Oranjerivier-wynkelders (Groblershoop), Bon Courage en Neethlingshof.



Die opgewonde span van UniWines in die Breedekloof met die Genl. Jan Smuts-trofee. Die wynmakers is Schalk van der Merwe, Charl Myburgh, Hattingh de Villiers, Gert Engelbrecht (wingerdboukundige), Nicolaa Rust (produksiebestuurder), Christo Smit en W.S. Visagie. Foto: LUCILLE BOTHA
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights