16 Oktober 2012

1011 keer gelees | 0 kommentaar

Tien Suid-Afrikaanse wynboere het vroeër dié maand aan die Groot Proe-wynuitstalling in Nigerië deelgeneem.


’n Vyfde van die wyne wat tans in Nigerië verkoop word, kom uit Suid-Afrika danksy die samewerking van individuele wynmakers. Dié land se wynmark se jaarlikse omset word op sowat $300 miljoen geskat. Die eerste Groot Proe-geleentheid is vanweë dié rede vroeër die maand in Lagos aangebied.
 
Die uitstalling is deur Wines of South Africa (Wosa) en die Suid-Afrikaanse Hoëkommissaris aangebied. Luidens ’n verklaring het dit deel gevorm van die Suid-Afrika-Nigerië-week wat jaarliks gehou word. Dit is geskoei op soortgelyke wynuitstallings wat al in Angola plaasgevind het, en later die jaar ook in Uganda beoog word.
 
Besoekers se reaksie was so bemoedigend dat reëlings reeds onderweg is om volgende jaar weer ’n Groot Proe aan te bied. Volgens Wosa word Nigerië beskou as een van die ontluikende markte wat die vinnigste  groei.
 
Twee dae
Die geleentheid is oor twee dae by die Federal Palace-hotel op Victoria-eiland gehou. Op die eerste dag is handelaars en invoerders ontvang, terwyl geleentheid op die tweede dag vir die publiek oop was. Die hoofrede vir die uitstalling was om plaaslike wynboere toegang tot invoerders en lede van dié land se gasvryheidsbedryf te bied.
 
Mnr. Thandi Mgxwati, politieke kanselier by die Suid-Afrikaanse Hoëkomissariaat in Lagos, sê die geleentheid was baie geslaag en het die fokus laat val op hoe uiteenlopend en uitnemend Suid-Afrika se wynbedryf is. “Daar is al meer gesofistikeerde belangstelling in luukse-goedere in dié mark. Dit het ’n wonderlike geleentheid geskep om handelsbetrekkinge tussen ons twee lande te verstewig.”
 
Mnr. Matome Mbatha, bemarkingsbestuurder vir Afrika en Amerika by WOSA, sê hulle is baie opgewonde oor die terugvoering wat hulle oor die geleentheid ontvang het. “Die handel, media en verbruikers het só goed gereageer op die wyn wat ons aangebied het, dat ons voornemens is om nog etlike sulke geleenthede te reël om die profiel van Suid-Afrika as ’n produsent van puik premiewyne te verhoog.”
 
Die tweede Groot Proe word vir Julie aanstaande jaar beplan, en sal deel vorm van die Internasionale Nelson Mandeladag-vieringe.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights