Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Bedrywe / Tuinbou / Sitrus / Pomelo-s / Sitrus-uitvoer-na-vsa-brei-uit

Nuus

Eskom wil kragpryse opstoot

Geen bedryf in Suid-Afrika kan Eskom se jongste voorstel van ‘n 50% styging in die kragprys oor vyf jaar oorleef nie, sê Agri SA.

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Mahlangu skuldig aan ET-moord
  • Pluimveebedryf moet self beeld opbou
  • Landboukollege kry verrassingsbesoek
  • LBW se iPad-wenners op Nampo
  • Boer met hondsdolheid steeds in koma
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Woensdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:11 C
  • Donderdag
  • Meestal bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:10 C
  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:17 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:36
Sonsondergang: 17:47

Kaapstad

Bygewerk:23 May 12:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:63%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Sitrus-uitvoer na VSA brei uit

 
Deur FRED MEINTJES
Die skip wat sitrusvrugte na Amerika vervoer. Foto: FRED MEINTJES
Die skip wat sitrusvrugte na Amerika vervoer. Foto: FRED MEINTJES

Suid-Afrikaanse sitrusprodusente wat na Amerika uitvoer, het ‘n deurbraak gemaak met logistieke en verskepingsooreenkomste.

Dit stel hulle nou in staat om verkope in die westelike state van Amerika en langs die Stille Oseaan se noordweskus, aansienlik uit te brei.

Die ooreenkomste tussen die Wes-Kaapse Sitrusprodusente-forum, die Amerikaanse spoormaatskappy, Railex, en die skeepsmaatskappy Seatrade, tree hierdie week in werking wanneer die eerste skip van die seisoen in die Kaapstadse hawe gelaai word met vrugte wat vir Amerika bestem is.

Kan na weste uitbrei
“Vanjaar is die eerste keer in die 11 jaar sedert ons die Amerikaanse mark voorsien dat ons ons verkope dramaties na die weste sal kan uitbrei,” sê mnr. Gerrit van der Merwe, voorsitter van die forum. “Die ooreenkoms met Railex beteken dat ons kliënte in die weste en die verbruikers in daardie streke ons vars, somer sitrusvrugte sal kan geniet binne ses dae nadat dit vanaf Philadelphia aan die ooskus versend is.”

Philadelphia is die belangrikste hawe waar Suid-Afrikaanse sitrusvrugte in Amerika afgelaai word.

Die eerste vrugte wat ingevolge hierdie nuwe ooreenkomste hanteer word, word dié week vanaf die vrugtekaai in Kaapstad aan boord van die Seatrade koelskip, Tama Hope, verskeep. Die skip word op 22 Junie in Philadelphia verwag. Dié besending sluit in die eerste besending Star Ruby-pomelos wat na Amerika uitgevoer word.

Langs die ooskus
In die verlede is die grootste gedeelte van die Suid-Afrikaanse sitrusvrugte langs die ooskus en in die state oos van die Mississippirivier verkoop. “Dit is ons voorneme om ons verkope in die weste en die noordweste uit te brei tot ongeveer 50% van ons totale verkope in Amerika,” sê Van der Merwe.

Volgens hom sal die waarde van Suid-Afrikaanse sitrusverkope in Amerika vanjaar meer as R500 miljoen beloop. Hy sê Suid-Afrikaanse sitrus kry al hoe meer aftrek vanweë die uitstekende eetgehalte van die vrugte.

Me. Joretha Geldenhuys, uitvoerende hoof van die forum, sê die gespesialiseerde verskepingsdienste wat deur Seatrade voorsien word, sal groot buigsaamheid in die logistiek teweegbring. “Seatrade bied aan ons kleiner skepe sodat ons meer gereeld kan verskeep. Dit beteken dat ons ‘n konstante voorsiening van vars vrugte aan die invoerders, supermarkte en verbruikers in Amerika kan lewer.”

Groot voordele
Die vise-president van Railex, mnr. Bill Welker, sê dit is die eerste keer dat groot volumes sitrusvrugte per spoor van die ooste na die weste van Amerika vervoer sal word. “Dit hou groot voordele in vir Suid-Afrika omdat dit nuwe markte oopmaak, van San Diego in die suide tot Portland en Seattle in die noorde, asook die stede wat in die binneland geleë is.

“Spoorverkeer is baie doeltreffend vir die vervoer van varsprodukte en word ondersteun deur ons vermoë om die produkte vinnig van ons depots na die supermarkte te vervoer.”

27 Mei 2010

5
 
 
  • 2503 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
  • verpakking soos bokse en sakke
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Revolusie in landbou is hier - Tina
  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Makenete direkteur van NuweBoere
  • Malema-benadering ‘lei tot armoede’
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction