Deur LUCILLE BOTHA
19 Junie 2012

1049 keer gelees | 0 kommentaar

Inskrywings vir Absa se Top-10 Pinotage-kompetisie word ingewag en deelnemers moet hul wyne voor 29 Junie inskryf.


Die kompetisie, aangebied deur die Pinotage-assosiasie, is een van die plaaslike wynbedryf se hoogtepunte. Die doel daarvan is om wyn, gemaak van Pinotage-druiwe te bevorder en uit te bou. Pinotage is Suid-Afrika se bekendste inheemse kultivar.

Mnr. Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage-assosiasie, sê tien Pinotage-wyne word in die kompetisie geïdentifiseer. Dié wyne moet dien as riglyne vir die ontwikkeling van eiesoortige, Suid-Afrikaanse Pinotage.

Dit moet ook die uniekheid van die druifsoort aan die internasionale wynwêreld illustreer.
Die ingeskrewe wyne word van 11 tot 13 Julie beoordeel en die Top-10-wyne word op 31 Augustus bekend gemaak.

Vir meer inligting, bel die Pinotage-assosiasie by tel. 021 863 1552 of e-pos info@pinotage.co.za. Die webtuiste is www.pinotage.co.za.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights