Deur LUCILLE BOTHA
8 Augustus 2012

1371 keer gelees | 0 kommentaar

Meer as 20 Stellenbosse plaaswerkers het aan ’n snoeikompetisie op die wynplaas Blaauwklippen deelgeneem om hul vernuf en begrip van die wingerdstok te toets.


Mnr. Jan van der Merwe van Neethlingshof het met 97,5 punte as wenner uit die stryd getree.  

“’n Snoeier bepaal wat die oes aan die einde van die jaar gaan wees. Hoe beter jy snoei, hoe minder suierwerk het jy. Dit is ook ’n vaardigheid wat gehalte en opbrengs aanhelp,” het mnr. Christo Hamman, wingerdboukundige by Blaauwklippen gesê.  

Die idee vir ’n snoeikompetisie het drie jaar gelede op dié plaas ontstaan.

In die verlede was snoei-opleiding ’n leemte in die bedryf, ten spyte van die belangrikheid van die praktyk. Kaap Agri, VinPro en Felco bied deesdae snoeikursusse in die onderskeie wynstreke aan. Dit sluit onder meer skerinstandhouding en verskillende snoeitegnieke in.

Mnr. Johan van Rensburg, takbestuurder van die Agrimark op Stellenbosch, sê die plan is om waarde op plase toe te voeg deur snoeivaardighede te verskerp en uiteindelik wyndruiwe se gehalte en opbrengs te verhoog.

Die deelnemers word as die beste snoeiers op hul onderskeie plase beskou. Elke deelnemer het ’n ry gekry om binne ’n sekere tyd te snoei.  Hul tegniek en vaardigheid is beoordeel.

“Ons probeer kyk of die deelnemers verstaan en dink oor wat om te doen,” het mnr. Johan Viljoen, wingerdboukundige by VinPro en een van die beoordelaars, gesê.

“Spasiëring, skoonsnoei en netheid is belangrik. Die standaard lyk vanjaar baie goed, maar hier is tog verskille tussen die ouens.

“Die res van die jaar se werk hang af van hoe goed of swak jy snoei. Dit bepaal wat in die bottel gaan eindig.”

Onderskrif: Mnr. Jan van der Merwe (voor) van Neethlingshof word as Stellenbosch se beste snoeier beskou na afloop van ‘n snoeikompetisie.  Agter staan mnre. Johan Viljoen (beoordelaar), Johan van Rensburg (Agrimark) en Christo Hamman (Blaauwklippen). Foto: LUCILLE BOTHA
 

 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights