|
|
|
| Bygewerk: | 23 May 12:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 63% |
| Wind: |
Die gemiddeld prys van vrugte het in 2009 met slegs 4% gestyg, maar sommige vrugte, soos dié van piesangs en papajas, het baie goed gevaar.
Die gemiddeld prys van vrugte het in 2009 met slegs 4% gestyg. Sommige vrugte het egter op die varsproduktemarkte heelwat beter gevaar, soos piesangs en papajas. Dié is twee produkte waarvan die grootste gedeelte van die produksie op hierdie markte verkoop word. Van die piesangproduksie word 60% op die markte verkoop en van die papajas 75%.
Piesangprys styg met 18%
Die gemiddelde prys van piesangs op alle nasionale varsproduktemarkte het met 18% toegeneem van R3 200 per ton (R3,20/kg) in 2008 tot R3 800 per ton (3,80/kg) in 2009. In beide Johannesburg én Pretoria was die prysstyging 20%. Die prys in Johannesburg was net meer as R3 600 per ton en in Pretoria net meer as R3 700 per ton.
Die volume piesangs wat op alle varsproduktemarkte verkoop is, het met 5,5% afgeneem van 235 000 ton in 2008 tot 222 000 ton in 2009. Op die Johannesburgse Varsproduktemark is net minder as 65 000 ton verkoop in 2009. Dit is 7% minder as die vorige jaar. Op die Pretoria-mark was die afname 3,5 % tot 44 400 ton.
Figuur 1 toon die verkoop- en prysbewegings van piesangs op al die nasionale markte op ‘n maand tot maand grondslag. Die hoogste pryse is gedurende April behaal, toe verkope op ’n laagtepunt was. Verkope was hoog in Januarie tot Maart en weer vanaf September, met die hoogste vlak in Oktober. Die prys het redelik laag begin in Januarie en het geklim tot sy hoogste vlak in April. Daarna het dit gedaal tot sy laagste punt in Augustus en September waarna dit weer opgeskiet het tot in Desember.
Figuur 1: Piesangverkope

Papajas se prys styg met 16%
Die gemiddelde prys van papajas op al die nasionale markte het met 16% gestyg van R4 539 per ton (R4,54/kg) in 2008 tot R5 269 per ton (R5,27/kg) in 2009. Die styging op die Johannesburgse mark was 9,5% van R4 998 per ton (R5,00/kg) in 2008 tot R5 462 (R5,46) per ton in 2009. Die prys van papajas het in Pretoria van R5 168 (R5,17/kg) per ton tot R 5 549 (R5,55/kg) gestyg. Dit is ‘n toename van 7,4%. Wat egter hier opval is dat die pryse in Pretoria in al twee jare ietwat beter was as in Johannesburg.
Die volume papajas wat in 2009 op al die varsproduktemarkte verkoop is, het met 20% afgeneem van 11 826 ton in 2008 tot 9 444 ton in 2009. Op die Johannesburg-mark was die daling in verkope slegs 7% van 4 990 ton in2008 tot 4 635 ton in 2009.
Die rede vir die kleiner daling is die feit dat die Johannesburgse mark in 2009 heelwat meer van die totale verkope gehanteer het as voorheen. In 2008 is 42% van alle verkope op varsproduktemarkte deur Johannesburg-mark hanteer. Dit het in 2009 gestyg tot 49% - byna die helfte van alle verkope.
Op die Pretoria mark het verkope met 15% afgeneem van 3 036 ton in 2008 tot 2 584 ton in 2009. Die Pretoria mark het 27% van alle verkope op nasionale markte in 2009 hanteer gehanteer. Saam het die twee markte dus 76% van alle verkope op varsproduktemarkte in 2009 gehanteer!
Figuur 2: Verkope van papajas

In bostaande grafiek kan gesien word dat verkope in Januarie tot April en weer in Desember minder as 600 ton per maand was, terwyl die prys in dié tyd bokant R6 500 per ton was. In die tydperk Mei tot November was verkope bokant 800 ton per maand en was die prys minder as R 6 000 per ton. Die hoogste pryse was behaal in April, toe dit tot bo R 8 500 per ton geklim het om twee maande later, in Junie, te val tot die laagste vlak nl. R3 600 per ton.
Die minste papajas is in Maart verkoop - net oor die 400 ton en die meeste is in Oktober verkoop - net minder as 1 200 ton.
Die afname in die verkope van beide piesangs en papajas moet gesien word teen die agtergrond dat beide dié produkte in 2008 ‘n besonder goeie jaar beleef het en groot hoeveelhede op die varsproduktemarkte verkoop is.
Data verskaf deur Direktoraat Landbou Statistiek van Departement Landbou, Bosbou en Visserye.
* Geskryf deur Kobus Smit, ‘n voormalige voorsitter van die Nasionale Oesskattingskomitee. Sy e-pos-adres is: diesmitte@gmail.com
24 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)