Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Virus bedreig SA piesangs

 
Piesangs. Foto: NIC BRONKHORST
Piesangs. Foto: NIC BRONKHORST

Suid-Afrika se piesangboere moet bedag wees op die skadelikste virussiekte nóg wat as ’t ware op hul voorstoep vir hulle lê en loer.

Die gevreesde piesangbossiekte (BBTV) het reeds tot in Zambië versprei. Gerugte wil hê dat dit ook al in Mosambiek opgemerk is, sê mnr. Zaag de Beer, landbounavorser van die Landbounavorsingsraad se Instituut vir Tropiese en Subtropiese Gewasse (ITSG) op Nelspruit in Mpumalanga.

De Beer het dié nuus verneem op ’n internasionale piesangwerksessie van die lidlande binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) wat in Arusha, Tanzanië, gehou is. Van al die virussiektes wat piesangs teister, word piesangbossiekte as die skadelikste beskou. Dit versprei geografies ontstellend vinnig.

De Beer sê toe hy ’n paar jaar gelede konsultasiewerk in Zambië gedoen het, was BBTV feitlik nog onbekend in dié Afrikaland. Hy het verneem dat BBTV-besmettings deesdae meer algemeen in Zambië voorkom.

Hy het ook gehoor dat BBTV-besmette plante in Mosambiek gesien is, maar dat dit nie opgespoor kon word toe wetenskaplikes daarna gaan soek het nie.

18 Januarie 2010
 

3
 
 

Kommentaar

M. van Heerden 

Waar kan 'n mens inligting kry van piesangprodusente sodat ons inligting na hulle kan deurgee oor beter produksie moontlikhede? Geen Piesangprodusente raad nie?

Johann Rossouw

Wat is die kenmerke van hierdie siekte?

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.